Lam in Wolfsklere: Voorskou deur Bernette Bergenthuin. Voorgelees deur Elma Postma.
Lam in Wolfsklere: Voorskou
In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn.
Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan uit met die aantreklike Gerhard Vosloo.
Maar die perfekte prentjie val vinnig uit mekaar toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie.
Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein en die poppe begin behoorlik dans.
Tussen haar overbearing ma, feministiese beste vriendin en die enigmatiese Advokaat Caro Marx weet sy nie aldag wie is lammers en wie is wolwe nie.
Nuwe episodes word vanaf 27 Februarie, elke Donderdagoggend om 09h00 vrygestel.
Luister solank na die voorsmakie:
Raai wat? ’n Splinternuwe vervolgverhaal uit die pen van Martie Swanepoel verskyn ook hierdie week! Loer hier om meer oor die avonture van Sjef Snoekie uit te vind.
Het jy geweet?
Ons stel nog opwindende nuwe reekse vry!
Maandae: Ons diere & hul giere
Hoekom trek my papegaai sy vere uit? Wat beteken dit as my kat só maak? En wanneer moet ek bekommerd wees oor my hond se streke?
In ons nuwe troeteldierreeks gesels Ilse Salzwedel met verskeie veeartse en troeteldierkenners oor belangrike onderwerpe waaroor troeteldiereienaars dikwels wonder.
Wanneer: Elke tweede Maandag, vanaf 09h00. Die eerste episode word op 2 Maart uitgesaai.
Dinsdae: Tussen Ons Seisoen 3
In die derde seisoen van ons gewilde welwees-reeks, gesels Mariette Snyman met verskeie kenners oor hoe jy kan help wanneer ’n krisis jou vriendin, lewensmaat, kind, ouers of iemand na aan jou tref.
Wat moet jy doen, wat moet jy liewer nie doen nie, en hoe behou jy jou emosionele balans?
Wanneer: Elke Dinsdag vanaf 09h00. Die eerste episode word op Dinsdag 25 Februarie uitgesaai.
Woensdae: Tee & Taai Toffies
In hierdie gewilde reeks gesels Ilse Salzwedel met ’n klomp nuwe, interessante glansmense en bekendes en saam probeer hulle om luisteraars se verhoudingsprobleme op los.
Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor!
Wanneer: Elke tweede Woensdag vanaf 09h00. Die volgende episode word op 26 Februarie uitgesaai.
Vrydae: Ka-Tjieng! Seisoen 2
Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en hul geldsake.
Anet Schoeman praat in die eerste paar episodes met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hulle finansieel verantwoordelik en paraat te
maak.
Wanneer: Elke tweede Vrydag vanaf 09h00. Die eerste episode word op 6 Maart uitgesaai.