Genoeg vir drie broodjies.
Bestanddele
- 6 k volkoringmeel
- 250 ml (1 k) hawermout
- 250 ml (1 k) meel
- 2,5 ml (½ t) sout
- 10 g (1 pakkie) kitsgis
- ’n hand vol sade (soos pampoen-, sonneblom-, sesam- en lynsaad)
- 1 liter (4 k) louwarmwater
- 15 ml (1 e) olie
- 15 ml (1 e) heuning
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Spuit 3 broodpanne van 25 x 12 cm met kleefwerende kosproei. Meng die volkoringmeel, hawermout, meel, sout, kitsgis en die sade in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die mengsel.
- Meng die water, olie en heuning en roer in die holte van die meelmengsel in. Bedek en laat vir 1 uur op ’n warm plek rys. (Dit rys nie vreeslik baie nie – sowat ’n derde meer as die oorspronklike volume.)
- Verdeel die beslag in die pannetjies en bak vir sowat 50 min. – 60 min. Haal uit en laat die brood op ’n draadrakkie afkoel.