kategorieë: KosLaekoolhidraat

Laekoolhidraatleefstyl: Praktiese wenke

Maak seker alles is in plek

Sjefs weet alles van voorbereiding. Hulle gebruik die Franse term “mise en place” (meeze-on-plahs), en dit is die rede waarom hulle elke dag honderde maaltye kan opdis. Dit beteken letterlik om alles “in plek” te hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons gebruik naweke om die voorbereiding vir die week te doen. Ek en my man werk albei voltyds, en as ons nie ’n bietjie mise en place vir die week doen nie, sukkel ons. Onthou, ons wil nie in die groef verval om oorverwerkte en ongesonde wegneemetes of klaargemaakte supermarkmaaltye te eet nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Begin met ’n maaltydplan

Beplan die week se etes en maak ’n inkopielys daarvolgens. Ek gebruik ook sommer die geleentheid om die yskas en koskas uit te sorteer en plek te maak vir die nuwe aankope.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kry ’n roetine wat vir jou werk

Ons almal se lewens verskil en jy sal weet wanneer jy tyd vir bak en ekstra kosvoorbereiding kan inruim. Ek knyp ’n paar minute oor die naweek af om vir die week voor te berei.

Saterdag is ons bakdag: Ek bak minstens een hoeveelheid van die Laekoolhidraat-broodrolletjies vir die kinders se kosblikke, of ek maak korslose quiches.

Sondagoggend: Terwyl ek Sondagmiddagete maak, is dit ’n goeie tyd om nog voorbereiding vir die week te doen aangesien ek reeds in die kombuis doenig is. Ek maak ons veelsydige vleiskragsop. Dit prut die hele dag op sy eie sonder enige moeite. Om tyd te spaar in die week, rasper ek kaas en bêre dit. Soms sal ons oor die naweek ’n groot pot bolognaise of ’n klomp vleiskoekies vir die week maak.

Maak jou vrieskas jou beste vriend

Om maaltye te vries, help ons baie gedurende die week as ons ’n besige naweek het en nie tyd het om vooraf die voorbereiding te doen nie.

Verdubbel dit

Ek is ’n groot voorstaander van kook in grootmaat. Dit verg dieselfde moeite om 1 hoender in die oond te rooster as om 2 hoenders te rooster. Diselfde beginsel geld wanneer jy 2 kg Bolognaise eerder as 1 kg maak. Op hierdie manier het jy nie net gesonde vulsels vir kosblikke nie, maar jou aandete vir ’n besige weeksdag  is ook uitgesorteer.

Geriefskos en ons gejaagde lewenstyl het ons beroof van ons vermoë om vooruit te beplan en te kook. Ons het ons gewone kosmaakvaardighede verloor, tot so ’n mate dat dit “moeilik” geword het om selfs ’n eenvoudige maaltyd te maak. Dit is nie dat mense nie kan kos maak nie (hoewel baie basiese vaardighede vergete geraak het), dit is dat ons nie meer in die gewoonte is om kos te maak nie. Ek praat van op ’n daaglikse basis vir jou gesin kos te maak: ontbyt, middagete, aandete en selfs die peuselhappies tussenin. Om van nuuts af te begin en te weet wat in jou kos ingaan: dit is waaroor die laekoolhidraat-leefwyse gaan; om verfynde en verwekte kosse uit te sluit en weer regte kos te eet!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

20 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

20 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.