kategorieë: KosLaekoolhidraat

Laekoolhidraat-vasvra

Ontbyt is meestal …

1. Warm pap of graanvlokkies met suiker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Versoete jogurt met heuning, granola en vars vrugte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Spek en eiers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

10uur-snoephappietyd is gewoonlik …

1. Koekies en tee met suiker in die tee

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. ’n Handjie vol droëvrugte en rosyntjies

3. Neute en biltong

Middagete is meestal …

1. Pastei met gaskoeldrank

2. Volgraanbroodjie met vrugtesap

3. Hoender-en-avokadoslaai met mineraalwater

Hoeveel koppies koffie/tee met suiker in drink jy per dag?

1. 3-4 koppies

2. 2-3 koppies

3. 1 koppie

Jou gunstelingsnoephappie is …

1. Tjips

2. Pretzels

3. Biltong

Jou gunstelingdrankie is …

1. Brandewyn-en-coke

2. Vodka-martini

3. Droë witwynspritzer

Aandete is gewoonlik …

1. Rys, vleis en aartappels

2. Pasta soos lasagne of spaghetti bolognaise

3. Vleis of vis met baie groen groente en slaai

Jou gunstelingnagereg is …

1. Sjokolademousse met gesoute karamelsous

2. Kaaskoek

3. Suikervrye volroomroomys met bessies

Wat eet jy graag by ’n restaurant …

1. Pizza

2. Pasta

3. Steak met slaai

Jou gunsteling-laataandhappie is …

1. Warm Milo of ’n stukkie sjokoladekoek

2. Koekies en tee

3. 1 blokkie donkersjokolade

Meestal A:

Jou koolhidraatinname per dag is baie hoog. Konstante inname van verwerkte en verfynde koolhidrate kan ly tot langdurige verhoogde bloedsuikers wat ’n baie slegte uitwerking op jou gesondheid kan hê. Probeer om jou suiker-en-styselinname te verminder deur minder suiker in jou koffie te drink, gaskoeldranke uit te sluit en minstens een maaltyd ‘n dag geen koolhidrate te eet nie. Laat jou bloedsuiker en ook jou insulienvlakke gereeld toets deur jou dokter en hou dit dop.

Meestal B:

Jy probeer goeie keuses vir jou gesondheid maak maar jy vergeet van die versteekte suikers in kosse wat jou koolhidraatinname verhoog. Probeer om een maaltyd ’n dag geen koolhidrate te eet nie en kies eerder proteïenryke snoephappies soos biltong en neute. Gaskoeldranke en mengeldrankies verhoog jou suikerinname ingrypend en moet eerder vervang word deur mineralewater en droëwitwyn.Laat jou bloedsuiker en insulienvlakke gereeld toets deur jou dokter en hou dit dop.

Meestal C:

Jy is op die regte pad. Jou koolhidraatinname is laag. Hou so aan!

Kry Vickie de Beer se nuwe kookboek, My Low Carb Kombuis, vir aksieplanne en heerlike resepte om jou leefstyl in ’n laekoolhidraatleefstyl te verander.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

2 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

2 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

5 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

9 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.