Laekoolhidraat: Van kosskrywer to kosaktivis deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Vir byna twintig jaar al draai my werk om kos. Ek het resepte geskep, gemaak en gestileer vir elke geleentheid waaraan jy kan dink. En ja, ek hou van eet! Om aan die einde van ’n fotosessie aan al die heerlike geregte weg te lê is een van die lekkerste byvoordele van my werk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hoe op aarde kon ek en my gesin dus verfynde koolhidrate uitsny? Dis mos ondenkbaar! Wie kan die lekkerste kos ter wêreld, soos eierbrood, croissants, koek en suurdeegbrood uitsny? En wie sal wil? Maar ondanks al die struikelblokke hét ons toe koolhidrate uitgesny en omarm ons nou ’n lewe wat gegrond is op egte kos wat min koolhidrate bevat.
Dit het ons ’n jaar geneem om daarby uit te kom, en dit was nie maklik om diepgewortelde gewoontes te verander nie, maar ons het dit gedoen en ons ervaar nou belonings wat ek nooit verwag het nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }My boek, My Low Carb Kombuis, gaan oor ons reis, oor hoe ons ’n gesin geword het wat egte kos met lae
koolhidrate eet. As jy koolhidrate en verwerkte kosse uit jou dieet wil sny – en ek glo om verskeie redes dat ’n
mens dit moet doen – sal dié boek jou wys hoe om dit reg te kry. Dit sal jou inspireer, inlig en help om met die
veranderinge te begin wat groot voordele vir die res van jou lewe sal inhou.
Mense kyk met afgryse na my wanneer die waarheid oor die uitsny van koolhidrate insink. Kom ons wees eerlik: dit is moeilik om jou ’n lewe sonder kapokaartappels en tjips voor te stel. Mense vra versigtig wat ’n koolhidraat is en wat nie. Is aartappels ’n koolhidraat? Rys? Wat van koeskoes?
Ek belowe jou, dit is makliker as wat jy dink om sonder hierdie styselrige kos, wat dikwels nie veel voedingswaarde het nie, te leef.
Hierdie swaar stapelvoedsels is inderwaarheid dikwels vaal en smaakloos. Dit is al die vet, suiker, sout en geurmiddels wat bygevoeg word wat dit smaak gee. Glo my, ons gesin eet elke dag heerlike kos en ons voel nooit verkul of dat ons iets mis nie.
En as die kosredakteur van ’n tydskrif koolhidrate kan uitsny, kan jy ook!
Uittreksel uit My Low Carb Kombuis deur Vickie de Beer, uitgegee deur Quivertree.
Lees ook:
Maak ’n kopskuif oor koolhidrate
Skakel oor na ’n laekoolhidraat-leefstyl
10 redes om ’n laekoolhidraat-dieet te volg
Praktiese wenke vir ’n laekoolhidraat-leefstyl
Hoe lyk ’n laekoolhidraat-inkopietrollie?
Kry lekker laekoolhidraatresepte hier
Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense. Bestanddele Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf. Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…
Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale…
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Hierdie webwerf gebruik koekies.