Serves:Genoeg vir 4-6 klein quiches of 1 groot quicheNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Basiese tertkors
Hierdie tertkors werk goed vir soet- en soutterte.
125 g botter
2 groot eiers
40 ml xylitol
150 ml klappermeel
10 ml bakpoeier
Quiche
2 eiers
30 ml gekapte sprietuie
30 ml gekapte pietersielie
sout en gemaalde swartpeper
250 g dik spek, in blokkies gesny en bros gebraai
12 kersietamties
½ klein blomkool, in blommetjies verdeel
Instructions
Basiese tertkors
Voorverhit die oond tot 175 °C. 1 Voer ’n 24 cm-pan of 10 klein quiche-pannetjies (met ’n deursnee van 10 cm) met bakpapier uit. 2 Smelt die botter en laat afkoel. Klop die eiers, afgekoelde botter en xylitol saam. 3 Sif die klappermeel saam met die bakpoeier en roer deur die eiermengsel tot dit bymekaarkom en deeg vorm. 4 Voer die tertpan/pannetjies met die deeg uit, sit op ’n bakplaat en hou in die yskas tot benodig.
Quiche
Verhit die oond tot 180 °C. 1 Maak die basiese tertkorsdeeg soos bo beskryf. Sit die uitgevoerde pannetjies op ’n bakplaat. 2 Meng die room, eiers en kruie goed saam in ’n mengbeker. 3 Verdeel die tamaties en blomkool tussen die tertjies en gooi dan die room-mengsel versigtig in die tertkorse tot bo. 4 Bak vir sowat 15 min. tot goudkleurig.