Gebakte karamel
Ons het hierdie idee op een van ons gunsteling-kosblogs, TheKateTin, raakgeloop. Jy maak jou eie karamelkondensmelk deur kondensmelk in die oond te bak – dis baie veiliger as ons ou drukkokermetode!
• 2 x 360 g-blikkies kondensmelk
Bestanddele:
Vir 24 koekies.
• 180 g botter
• 200 g strooisuiker
• 10 ml (2 t) vanieljegeursel
• 1 eier
• 240 g koekmeel
• 2,5 ml (½ t) bakpoeier
• 2,5 ml (½ t) sout
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
- Room die botter en suiker in ’n groot mengbak tot lig en donsig.
- Voeg die vanieljegeursel en eier by en klits tot goed gemeng.
- Voeg die koekmeel, bakpoeier en sout by en meng goed.
• Om ronde koekies te maak: Rol die deeg in balletjies (sowat 25 g elk) en sit op die voorbereide bakplaat. Druk hulle met ’n vurk of jou duim effens platter.
• Om vorms uit die deeg te druk: Rol die deeg so dun moontlik op ’n skoon werksvlak uit wat liggies met meel bestuif is. Bak vir 10-12 min. of tot goudkleurig en gaar.