- Hierdie tertkors werk goed vir soet- en soutterte.
125 g botter
2 groot eiers
40 ml xylitol
150 ml klappermeel
10 ml bakpoeier
Kaaskoek
4 eiers
250 g volvetroomkaas
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
20 ml (4 t) xylitol
250 ml room
gerasperde skil van 1 suurlemoen
Instructions
Basiese tertkors
Voorverhit die oond tot 175 °C. 1 Voer ’n 24 cm-pan of 10 klein quiche-pannetjies (met ’n deursnee van 10 cm) met bakpapier uit. 2 Smelt die botter en laat afkoel. Klop die eiers, afgekoelde botter en xylitol saam. 3 Sif die klappermeel saam met die bakpoeier en roer deur die eiermengsel tot dit bymekaarkom en deeg vorm. 4 Voer die tertpan/pannetjies met die deeg uit, sit op ’n bakplaat en hou in die yskas tot benodig.
Kaaskoek
Voorverhit die oond tot 150 °C. 1 Maak die tertkors soos bo beskryf. 2 Meng al die bestanddele vir die kaaskoek deeglik saam. 3 Vul die tertpan/pannetjies met die vulsel en bak tot geset en liggoud. 4 Sit met vars bessies of grenadella voor.