Resep verwerk uit “Low Carb is lekker” Blog: lowcarbislekker.wordpress
500 ml (2 k) amandelmeel
250 ml (1 k) klappermeel
250 ml (1 k) saadmengsel (sonneblom, sesamsaad, pampoensaad, lynsaad)
250 ml (1 k) saadmengsel fyn gemaak
125 ml (½ k) sonneblomsaad
45 ml (3 e) psyllium husks
20 ml (4 t) bakpoeier
4 eiers
500 ml (2 k) karringmelk
60 ml (¼ k) xylitol
300 g botter, gesmelt
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Spuit twee 18 cm x 8 cm x 7 cm- pannetjies met kleefwerende kossproei. 2 Meng die amandel- en klappermeel, saadmengsel en fyn saadmengsel, sonneblomsaad, psyllium en bakpoeier. 3 Klits die eier, karringmelk, xylitol en botter saam. 4 Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en gooi die eiermengsel by. Meng goed. 5 Verdeel die deeg tussen die pannetjies en bak vir 50-60 min. tot goudbruin. Indien die bokant te vinnig bak, bedek met ’n stukkie foelie. Laat in die pannetjies afkoel.
Variasie - Lekker beskuit
1 Voeg 125 ml (½ k) klapper en nog 60 ml (¼ k) xylitol by die basiese broodresep, bak soos bo beskryf. 2 Sny die gaar brood in 3 cm-snye en verdeel elke sny in drie dele. Sit op ’n bakplaat. 3 Verlaag die oondtemperatuur tot 70 °C en droog die beskuit uit tot bros. Sit ’n houtlepel in die oonddeur sodat die beskuit goed kan droog en die vog kan ontsnap. 4 Verpak lugdig.