kategorieë: Bekendes

Lady Gaga stel eie skoonheidshandelsmerk bekend

Lady Gaga stel eie skoonheidshandelsmerk bekend – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Greatstock/ Shutterstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lady Gaga se grimering is lank reeds ’n onderwerp van wye bespreking. Van haar uitspattige “The Fame Monster”-tydperk tot haar afgeronde “Joanne”-fase, is dié aktrise en sanger se voorkoms nog altyd ’n verlenging van haar unieke kunstigheid.

Lees ook: Bradley Cooper: ’n Ster soos min

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En nou, na maande van bespiegelinge in die skoonheidsbedryf, stel Gaga amptelik ’n skoonheidshandelsmerk, genaamd Haus Laboratories, bekend. En dít boonop eksklusief deur die gewilde aanlyn-kleinhandelreus Amazon!

Haus Laboratories word in September gelyktydig in nege lande op drie vastelande bekend gestel,  insluitend die Verenigde Koninkryk, die VSA, Japan, Frankryk en Duitsland.

Haus Laboratories is die eerste gróót skoonheidsreeks wat uitsluitlik op Amazon bekend gestel en verkoop sal word. Voorafbestellings kan vanaf 15 Julie 2019 (Amazon Prime Day) op Amazon geplaas word.

Wat is Amazon Prime Day?

Amazon Prime Day is Amazon se groot webwerf-uitverkoping. Vanjaar vind dit op 15 en 16 Julie plaas.
Onthou: Jy moet ’n Amazon Prime-lid wees om toegang  tot die fantastiese Amazon Prime Day-aanbiedings te verkry.

Lady Gaga het in ’n onderhoud met The Business of Fashion gesê dat sommige maatskappye haar wou dwing om Haus Laboratories aan te pas om by hul korporatiewe beeld in te pas, en daarom het sy gekies om dit op Amazon bekend te stel. Amazon help ook om dié reeks vir almal toeganklik te maak, wat blykbaar een van die hoofredes is waarom Gaga en haar beleggerspan op dié maatskappy besluit het.

Gaga kry haar inspirasie vir Haus Laboratories uit haar vroeë dae as ’n aspirant-sanger in Manhattan, ’n tyd toe sy goedkoop grimering moes gebruik om haar kenmerkende voorkoms te skep. “Dis kleurryke grimering wat my van Stefani Germanotta in Lady Gaga verander het.”

“Kleur is transformatief – dis kragtig, dis pragtig, en dis hoe ek my stem deur grimering gevind het,” het die sanger in haar onderhoud aan TBoF gesê. “Ek het myself ontdek, maar ander mense het my vir mý ontdek deur die manier waarop ek myself met grimering uitgedruk het.”

Dié Oscar-bekroonde sangeres se skoonheidshandelsmerk word ondersteun deur Lightspeed Ventures Partners wie se ander beleggings gewilde “moderne leefstylhandelsmerke” soos Goop insluit.

Wat is Goop?

Goop is ’n natuurlike gesondheidsmaatskappy wat deur die aktrise Gwyneth Paltrow besit word.

In 2018 het Lady Gaga aansoek gedoen vir die reg op die handelsmerke “Haus Beauty” en “Haus Labs” deur haar maatskappy, Ate My Heart. In September 2018 het sy ’n reeks van drie Instagram-inskrywings met die hutsmerke #hausbeauty, #hausofgaga en #haus geplaas.

Gaga se besluit om haar skoonheidsreeks uitsluitlik deur Amazon bekend te stel, is net nog ‘n bevestiging van die onkonvensionele benadering waarvoor sy ook in haar musiekloopbaan bekend is.

’n Veldtog-video wat deur die fotograaf Daniel Sannwald geskiet is, is Dinsdag 9 Julie uitgereik en weerspieël die maatskappy se begeerte om as ’n demokratiese leier in die skoonheidsbedryf gesien te word. In die video is ’n verskeidenheid mense met ewe uiteenlopende voorkomste te sien: van gedempte, skaars-daar-grimering tot glansooglede en oranje hare.

Kyk gerus hier na die eerste amptelik bekendstelling van Haus Laboraties:

Skoonheidshandelsmerke het ’n gewilde bedryf geword vir bekende persoonlikhede wat ’n sekondêre bron van inkomste soek. Dink maar aan bekendes soos Rihanna, Kim Kardashian en Kylie Jenner.

Rihanna se skoonheidsreeks, Fenty Beauty, is ’n massiewe treffer sedert dit in September 2017 bekend gestel is. Volgens Vogue het verkoopsyfers van Fenty Beauty binne die eerste 40 dae ná bekendstelling die $100 miljoen-kerf behaal.

Ander bekendes met hulle eie skoonheidshandelsmerke:

Miranda Kerr – KORA Organics

Drew Barrymore – FLOWER Beauty

Jessica Alba – The Honest Company

Josie Maran – Josie Maran Cosmetics

Kat Von D – Kat Von D Beauty

Kim Kardashian – KKW Beauty

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

13 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

13 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

14 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

15 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

17 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.