genoeg vir 4
• 3 eiers, geskei
• 30 ml (2 e) koekmeel
• knypie sout
• 30 ml (2 e) room
• 30 g botter
• 30 ml (2 e) botter
• 4 pruime, sny die “wangetjies” van die pruime af.
• 100 g rooi druiwe
• 15 ml (1 e) heuning
• 4-5 takkies tiemie
• 125 g camembert, dun gesny
1 Voorverhit die oond tot 175 °C.
2 Verhit die botter in ’n swaarboompan oor matige hitte. Braai die pruime, druiwe, heuning en tiemie vir 2-3 min. daarin, of tot net-net sag en liggies gekaramelliseer.
3 Klits die eierwitte in ’n groot mengbak tot dit stywe punte vorm. Vou die eiergele, koekmeel, sout en room versigtig by.
4 Smelt die botter in ’n oondvaste pan met ’n deursnee van 25 cm en gooi die eiermengsel daarin.
5 Laat die eiers liggies kook tot dit net-net aan die onderkant begin set (sowat 5 min).
6 Pak die pruime, druiwe en camembert op die eiermengel.
7 Bak vir 12-15 min. in die oond of tot goudbruin en opgepof.