kategorieë: Ons menseBekendes

‘Laataand by Rian’– Peet Viljoen: ‘Die koshuis en geboelie het my gemaak wie ek vandag is’

Die voormalige prokureur en mede-eienaar van Tammy Taylor Nails South Africa, Peet Viljoen, was Dinsdagaand Rian van Heerden se gas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In Laataand by Rian praat Rian weekliks met ’n nuusmaker in sy restaurant in Pretoria. Die tweede gas is altyd ’n verrassing vir die eerste gas, en dis gewoonlik iemand wat hulle glad nie sou verwag nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Peet het bekendheid verwerf met die werklikheids-TV-reeks Die Real Housewives van Pretoria, en sedert dié reeks het hy nooit uit die nuus gebly nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Peet het weer onlangs hoofopskrifte gehaal nadat hy die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vir R500 miljoen gedagvaar het. Dit kom nadat die NVG in April vanjaar beslis het die bedrogsaak teen Peet en sy vyf medebeskuldigdes moet tersyde gestel word.

Rian het vir Peet gevra of hy seker is dat sy saak nie voortgaan nie, waarop hy geantwoord het: “Ek daag die NVG uit om weer vir my te kom. Ek doen dit hier vanaand, op die voorblad van die Rapport, en ek doen dit by wyse van ’n dagvaarding. Hulle het steeds nie geantwoord op my kennisgewing nie.”

Peet is as gevolg van die bedrogsaak van die prokureursrol geskrap, maar hy hou vol dat hy nog altyd ’n prokureur was: “Jy kan nie die titel verloor nie. Vir 15 jaar kon ek nie heraansoek doen nie as gevolg van die kriminele klagtes teen my. Dit het drie prokureurs gevat net om vir my te verduidelik waarvan ek aangekla word.”

Peet het intussen Tammy Taylor Nails South Africa saam met sy vrou, Melany, begin.

Rian het vir Peet gevra of sy swaar grootwordjare hom iets geleer het van geld en die moontlikheid dat dit kan opraak.

“Die koshuis en geboelie het my gemaak wie ek vandag is. Ek moes my eie universiteitsfooie betaal. Ek het ’n studentelening gehad en ook polisse verkoop. Dis die probleem met mense wat wil geld maak –  hulle wil nie die tyd insit nie.”

Hy sê verder: “Geld is niks werd nie. Geld is ’n gedagte. Daai Rolex-horlosie herinner my dat ek opstaan wanneer ander mense slaap; dat ek aanhou werk wanneer mense opgee en dat ek kan deurdruk wanneer dinge moeilik raak. Geld kom en gaan, maar beginsels en dissipline nie.”

Rian het Peet verras met die miljoenêr Albert van Wyk as sy tweede gas. Albert is die skrywer van Millionaire at 22, ’n bedryfsingenieur, eiendomsontwikkelaar en aanbieder van die TV-reeks Maak my ’n miljoenêr.

Rian se volgende gas is Amore Bekker, die Suid-Afrikaanse radiopersoonlikheid, skrywer, spreker en rubriekskrywer.

Laataand by Rian is elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die episodes is ook op DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Daneel van der Walt gesels oor vasbyt en ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se sterk Suzette

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Jy en jou bra: 5 algemene wanopvattings

Jou bra moet jou beste vriendin wees, maar sak jou gemoed as jy net aan…

6 hours Gelede

Kerriehoenderpastei met maklike aartappeldeeg

Bestanddele   200 g bruismeel 150 g koue botter 200 g gaar kapokaartappels (mashed potatoes),…

9 hours Gelede

Margaret Gardiner oor Netflix se ‘Nobody wants this’: Vier waarskuwings vir ‘n gelukkige huwelik

Deur Margaret Gardiner   In die Netflix-treffer, Nobody Wants This, raak twee mense van verskillende…

10 hours Gelede

Liam Bosman loer weer in by ‘Diepe Waters’

Liam Bosman maak 'n kort maar opwindende terugkeer na kykNET (DStv-kanaal 144) se telenovela, Diepe…

12 hours Gelede

Theresa se angswekkende oomblik in ‘Diepe Waters’ hou kykers op die punt van hul stoele

Dinsdag se episode van die kykNET-telenovela Diepe Waters het kykers se senuwees aan flarde gehad…

1 day Gelede

Daneel van der Walt gesels oor vasbyt en ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se sterk Suzette

Toe Nêrens, Noord-Kaap in 2021 sy debuut as dramareeks op kykNET gemaak het, was daar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.