kategorieë: Ons menseBekendes

‘Laataand by Rian’ keer terug met ’n derde seisoen

Die gewilde TV-aanbieder Rian van Heerden is binnekort weer op die kassie om met die land se grootste nuusmakers te praat in die derde seisoen van Laataand by Rian, wat op 8 Oktober 2024 om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) afskop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar word nie getorring aan die program se wenformaat nie: Rian gesels weer in die eerste segment met ’n alombekende persoonlikheid en dan sluit ’n tweede gas as ’n verrassing by hulle aan. Die tweede gas is gewoonlik iemand wat Rian êrens raakgeloop het. Dit alles gebeur by sy restaurant in Pretoria, Delizioso.­­

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Onder die gaste wat laas saam met Rian gekuier het, tel Thys die Bosveldklong, Whitey Basson, Tereza Troskie-Herbst en Dricus du Plessis.

Rian sien baie uit na die derde siesoen: “Ek en my gaste se geselsies raak nou al so gemaklik dat ek aan die einde van die laaste seisoen vergeet het daar is kameras. Tydens hierdie seisoen wil ek soos gewoonlik ’n paar belangrike (en natuurlik heelwat lighartige) temas met my gaste aanraak. En ek dink daar gaan baie mense wees wat ná afloop van ’n episode stof tot nadenke sal hê.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In die derde seisoen maak almal van komediante en sangers tot grapmakers en vuurvreterpolitici ’n draai.

Kykers kan uitsien na gesprekke met die radiopersoonlikheid Amore Bekker, die voormalige gyselaar Gerco van Deventer, die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, en die gewese prokureur Peet Viljoen.

“Ek sien veral uit na my gesprek met Alfred Adriaan. Hy is een van my gunsteling- komediante. Ek sien ook baie uit daarna om met die voormalige gyselaar Gerco van Deventer en Karlien van Jaarsveld te praat,” sê Rian.

KYK: Laataand by Rian | Seisoen 3 voorskou


Skakel vanaf 8 Oktober 2024 om 21:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die derde seisoen van Laataand by Rian. Die reeks sal ook op DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: MultiChoice-groep se plaaslike inhoud spog met die meeste Safta-benoemings

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.