kategorieë: Gesondheid

Laat toets jou oë vir gloukoom

Hoe gereeld moet jy jou oë laat toets vir gloukoom?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dink jy dat jy mos goed sien en dus nié vir ’n oogtoets hoef te gaan nie?
Dit is ’n groot en algemene fout, sê Rudine Diedericks, optometris van Mellins i-Style in Fourways, Johannesburg.
“By Mellins i-Style – en oogartse – kyk ons nie net na jou vermoë om naby en ver te sien nie, en of jou bril sterk genoeg is nie.
“Ons meet ook jou oogdruk en ons ondersoek die oogsenuwees vir tekens van skade. Oogkundiges kan lánk voor jy jou sysig verloor die tekens van gloukoom optel.
“Ons stuur jou dadelik na ’n oftalmoloog (oogarts), wat jou dan op medikasie sal plaas wat jou oogdruk laag hou, voordat dit oopgaan en skade doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is die basiese skedule vir oogtoetsing vir gloukoom:

Toets jou oë vir gloukoom
*elke twee jaar as jy 40+ is
*elke jaar as daar gloukoom in jou familie is
*elke ses maande as jy gloukoom het

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy gloukoom het is die heelbelangrikste – en eintlik ál wat jy kan doen – dat jy jou medikasie (meestal oogdruppels) korrek en getrou gebruik om die skade te beperk, sê dr. Jiten Mistry, oftalmoloog van Bryanston, Johannesburg.
“Dit is ál manier om die druk in jou oë laag te hou, sodat jy so min sig as moontlik inboet. Daarsonder raak jy blind.”

Kan ’n katarak-operasie misluk?

Dit gebeur baie selde, sê dr. Jiten Mistry, oftalmoloog van Bryanston, Johannesburg.

Maar wat wél dikwels gebeur is dat jy daarna so sleg soos altyd sien. Die operasie het dus nie gewerk nie – of so voel dit.
En dit gebeur verrassend dikwels. Sowat een uit elke vier mense ‘verloor’ hul sig binne weke of selfs jare na die operasie.
Dit is so algemeen dat mense daarna verwys as ‘n tweede katarak.

As die operasie nie misluk het nie en jou ou katarak het nie hervat nie, wat het dan gebeur?

“Al voel dit asof jy so swak sien as met ’n katarak is dit nie een nie,” verduidelik Jiten.
“Met ’n katarakoperasie vervang ons letterlik die ooglens: ons haal jou eie lens uit en plaas ’n sintetiese lens in sy plek in. Die ooglens – en die nuwe lens dus, na dit vervang is – lê in ’n ‘sakkie’ of vlieslagie.
Dié vliesie kan letsels opdoen tydens die operasie, of selfs jare later dof raak. Dit is dan dat jy swak sig ervaar. Dit het egter niks met die lens te doen nie – en dus ook nie meet jou vermoë om te sien nie.
Kom terug na jou oftalmoloog. Ons kan dit dadelik in die spreekkamer regstel met ’n YAG-laser wat die lagie wegbrand, sodat jy uitstap met sig so goed as wat vir jou moontlik is.”

Lees ook:Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou oë wat swakker raak, moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

57 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

1 hour Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

1 hour Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

1 hour Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

2 hours Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.