kategorieë: Blogs

Laat ons dans!

As jy in jou vroeë veertigs is, is uitnodigings na troues skaars. Begrafnisse, ’n laatlam-doop of drie, en uitnodings na vrinne se kinders se een-en-twintigste verjaarsdae, dié word wel meer. Maar troues? Skaars. Veral as al meer om jou hul verkeerde keuses erken en dan ander kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar dié week hou ons bruilof. In die bloedige Stellenbosse hitte. Streng formeel, sê die uitnodiging. Swart, sê ek. Sonder ’n strikdas, sê die eg. Hakke aan, hare gedoen, en grimering (al dreig dit om in strome teen jou nek af te loop), sê die stem in my kop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons hou bruilof.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Streng formeel kry ’n nuwe kinkel. Daar’s jeans, tekkies, T-shirts, blink aandrokke, strikdasse, plat skoene, strandrokke en sandale.

Kordate knapies gee die pas aan, die ringe is aan die vinger. Omdraaikans nou min. Ou getroude ooms knik simpatiek, die anties onthou met wasige verlange en huil wyse, warm trane.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis die onthaal wat vassteek. Trotse ouers het elke bruidswens waar gemaak. Daar’s blomme, strikke, briefies, foto’s en Lotto-kaartjies vir elkeen wat in die bruidsgeluk wil deel. Die lekkergoedtafel kreun, die kos keurig, smaaklik.

En dan begin die dans. Die antie oorkant my se voete jeuk, jy sien hoe pomp sy hom in die ribbes, hoe vryf sy die eelt-vingers, hoe kyk sy diep in die ou oë. Hy teug traag aan sy glas, sit stewiger en plant homself vir die res van die aand.
Dan vang haar oog dié van ’n vriendin. Hul deel dieselfde avondleed. En woordeloos spring die twee en vat die vloer. Die vertrek se vroue verenig – die dansvloer roer.

Laataand kan die oom dit nie meer hou nie. Hy’t lus vir wikkel, die vloer nou ingedans. Dis sy beurt – die antie se oë blink, sy’s lankal opgewarm en vat die eelt-vingers stewig vas. Nou’s haar kans.

Vanaand is die vloer hul verhoog. Hul dans hul sorge weg, lag later oopmond as die antie se strappies-rok al laer sak en sukkel om die ou lyf binne te hou. “Wéér!” skree sy in sy dowe-oor. “Dis lewe is ’n strange paartie. Laat ons dans!”
En so hou ons bruilof.

Later die week staan ’n gebroke vriendin by haar kind se graf, ’n kollega begrawe ’n vriend. Ek dink aan elke dag se klagtes en kreune. En dan, op die vooraand van Pase, weet ek:

Die lewe is ’n strange paartie. Laat ons dans!

Geseënde Pase vir jou,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

6 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

6 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

6 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.