kategorieë: Tuinmaak

Laat jou vullis blom

Van die tafel na die tuin en weer terug tafel toe

Herwin alles wat jy kan en hou die materiaal so lank moontlik in die siklus sodat daar nie voortdurend nuwe grondstowwe ontgin hoef te word nie. Van jou kombuisafval en tuinvullis maak jy kompos. Gooi eerstens alle kombuisafval in ’n bokasji-kombuisdrom en besprinkel met bokasji. Ná sowat tien dae in die kombuisdrom het die behandelde kombuisafval gefermenteer en kan reukloos komposhoop toe te gaan. (Bokasji is semels wat met Effektiewe Mikrobes (EM) gefermenteer en dan gedroog word. EM is ’n gespesialiseerde mengsel goeie mikrobes wat die vorming van reuke onderdruk en kompostering dramaties bespoedig. Besoek www.bokashi.co.za vir jou naaste verskaffer.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die bokasji-kombuisdrom bestaan uit twee emmers wat inmekaarpas met gaatjies in die boom van die boonste een. Die vloeistof wat in die onderste emmer uitloog, word met water verdun en daarmee maak jy jou plante nat. Dis wonderlik vir plante met swamsiektes!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou tuinafval en die inhoud van die boonste emmer van jou bokasji-kombuisdrom gebruik jy vir die bou van ’n lasagne-bedding. Die metode word stap vir stap geïllustreer. As jy pleks van ’n lasagne-bedding jou eie komposhoop wil begin, gebruik jy dieselfde materiaal. Al verskil is dat jy jou komposhoop so hoog kan bou soos jy wil. Die metode en die lagies bly dieselfde.
Andersins kan jy die behandelde kombuisafval uit jou bokasji-drom in jou tuin in plantgate of slote rondom bestaande plante begrawe om daar te komposteer en mikro-aktiwiteit in die grond te herstel. Jy kan dit ook op ’n gereelde grondslag aan ’n gemeenskapstuin skenk. Hulle sal jou ewig dankbaar wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nog ’n herwinningswenk vir die tuin

Ou motorbande maak wonderlike stutmure waarin jy kan plant. Hierdie plante het reeds die buitebande toegegroei en lyk pragtig gesond en gelukkig, hoewel hulle nie ’n druppel water buiten reënwater kry nie. Kies inheemse plante wat in die omgewing voorkom, want hulle lok baie voëls na die tuin wat met die tuintakies kom help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die metode
Werk van onder af teen die helling boontoe. Grawe die breedte van die eerste buiteband in die wal in sodat jy genoeg grond het om die band te vul. Daarna kan jy bloot elke keer die grond in die buitebande afwerk soos wat jy hoër gaan. Los genoeg ruimte vir die plante en rangskik die sirkels sodat hulle, as jy van bo-af kyk, lyk asof hulle oorvleuel, net soos die deursnee-diagramme in jou skooldagwiskunde. Vul die bande behoorlik op en druk die grond met ’n stok in die holtes in. Gebruik ’n bietjie bokasji-kompos om die grond weer lewendig te maak. Enige plante sal in die buitebande werk maar plant verkieslik net die soorte wat ’n bietjie bos of rank om die band te versteek, en nie net regop groeiende soorte soos wilde irisse en restios nie.

Kies ’n sonnige kol. Moenie spit nie! Pak karton, koerante en stokke sowat 1 m breed waar jy jou bedding wil maak. Die lengte maak nie saak nie. Maak dun lagies van nie meer as 10 cm dik nie in die volgende volgorde: bruin materiaal soos droë blare en tuinvullis, asook gesnipperde koerante en papier (besprinkel elke keer die droë laag met EM (verdun 1:10) om die kompostering van onbehandelde materiaal te versnel); daarna bokasji-kombuisafval; groen materiaal soos vars snoeisels, onkruid sonder sade en grassnysels; herhaal die bruin en groen materiaal en bedek die bedding met enige skoon grond en maak gelyk. Die boonste grondlaag moet minstens 10 cm diep wees, want jy gaan dadelik plant. Bedek laastens die grond met ’n dubbele laag koerantpapier en deklaag van droë gras, strooi of baie fyn, droë houtsnippers. Maak nat met ’n gieter of stadige sproeikop. Druk met ’n stok gate vir plantjies. Gooi kompos uit jou eie komposhoop in elke gaatjie. Maak seker dat die grond in die planthouer klam is. Haal die plantjies uit en plant sommer dadelik. Danksy die deklaag sal die bedding redelik lank klam bly en as die plantjies eers gevestig is, sal hulle met min water regkom.

Lasagne-beddings stap vir stap

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.