Laat jou sitkamer in juweelkleure skitter deur Cornel Dunn. Hoof foto met vergunning van Hertex Haus.
Ons het banke in hierdie kleure opgespoor en strooikussings gekies wat die beste by elke voorkoms pas.
Smaraggroen
Lees ook: Kleur in met strooikussings – ons wys jou hoe om die treffendste voorkomste te kry
Petrolblou
Lees ook: Maak die meeste van klein leefspasies
Robynrooi
Lees ook: Immergroen Mid Century
Skelpienk
Lees ook: Dink pienk! 5 maniere hoe jy pienk in jou huis kan gebruik
Wenke
Moenie bang wees om te meng nie
Gebruik ’n mengsel van mat en blink tekstiele soos fluweel, glansfluweel, sy en katoen om strooikussings, banke en stoele ’n nuwe voorkoms te gee. Luukse tekstiele verryk die juweel- kleure en voeg ’n groot skeut dekadensie by die interieur.
Lees ook: Verander jou tuiskantoor só – 10 dinge wat almal moet weet
Komplementeer dit só
Kalm grys mure soos staalgrys komplementeer jou juweelkleure perfek.
Lees ook: Hoe om ’n kaggel te kies
Glas is goed gepas
Groepeer ’n versameling van juweelkleur-glasware om ’n helder en vrolike uitstalling te skep. Gekleurde glas is die perfekte manier om ’n leefarea op te helder. Plaas dit naby ’n venster sodat die lig daarop reflekteer.
Lees ook: Kry die seestyl in jou huis
Donker en dramaties
Kies donkerder meubels soos ’n swart kas om die juweelkleure tot hulle reg te laat kom. Die donker aksent van hierdie meubels gee meer diepte aan die juweelkleure van jou tekstiele.
Lees ook: Jy kan ook vetplante goed laat groei!
Verskaffers
Mr Price Home | mrpricehome.co.za
Block & Chisel |blockandchisel.co.za
House of Sofia | houseofsofia.co.za
Cielo | cielo.co.za
Epiphany |epiphany.co.za
Knus | knus.co
Superbalist | superbalist.co.za
Love Milo | lovemilo.co.za
Hertexhaus | Hertexhaus.co.za