'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
“’n Voorbereidingslagie gee jou onderlaag iets om aan vas te klou,” sê Lucoh Mhlongo, Elizabeth Arden se bekende grimeerkunstenaar. Trevor Rothwell, Dior se nasionale grimeerkunstenaar, sê ’n voorbereidingslagie help ook dat jou onderlaag nie van kleur verander nie, veral vir vroue met ’n olierige of kombinasievel. Dit help ook om jou vel se kleur te korrigeer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Kies die volgende kleure vir die volgende probleme:
• Rooiheid: kies ’n groenkleureige voorbereidingslagie
• Donker kringe onder jou oë met ’n ligte vel: kies geel
• Donker kolle en verkleuring: kies appelkoos.
Smeer eers jou vogroom aan, en dan ’n voorbereidingslagie oor jou hele gesig (ook oor jou ooglede).
“Kies een wat weerstand bied. As dit SPF-beskerming ook bevat, sal dit beter beskerming teen die son bied,” sê Lucoh.
“Moenie rof werk as jy jou grimering deur die loop van die dag heraanwend nie, anders sal jy jou grimering en onderlaag verwyder. Gebruik ’n ligte sneesdoekie en klad liggies op jou gesig om olie en sweet te verwyder, en wend ’n ligte lagie gepersde poeier aan,” sê Lukoh.
“’n Gesigsproei is perfek vir ’n warm somersdag. Dit hou jou koel, hidreer jou vel en gee jou vel ’n mooi glans. Hou die botteljie omtrent 15 cm weg van jou gesig wanneer jy dit aanwend,” sê Lukoh.
“Drink koue water om jou liggaam af te koel en te hidreer, en bly so veel as moontlik in die skaduwee. Dra ligte kleure, ’n hoed en sonbrille,” sê Lukoh.
Lees ook: Bevogtig jou somervel
Genoeg vir 5 stafies. Bestanddele 2 velle ryspapier 125 ml (½ k) heuning…
Baie van ons het verlede jaar ‘n klomp lesse geleer het, maar dit beteken nie…
Koop 12 goeie varkworsies en druk die vleis uit die derms vir vinnige frikkadelle. …
Wanneer jou selfvertroue wankel en jy jou glans verloor, kan ’n bietjie hulp van kundiges…
Mexikaanse eiers Genoeg vir 4. Bestanddele 30 ml (2 e) avokado-olie +…
Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense. Bestanddele Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…
Hierdie webwerf gebruik koekies.