kategorieë: Ontspanning

Laat die kurke vir dié wenners klap!

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Plettenbergbaai se Newstead Wines stap vanjaar vir die tweede maal in vier jaar weg met die trofee vir Beste Produsent met hul Newstead Blanc de Blanc Cap Classique 2017. Dieselfde wyn het ook die trofee vir die beste wyn in die klas vir verlengde veroudering gewen, vir Cap Classique-wyne van sewe jaar en ouer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaste is verwelkom met die Beste Rosé vir die jaar, die Graham Beck Pinot Noir Rosé Cap Classique 2018.
Die tafels is gedek vir die feesmaal by Bertus Basson en Drikus Brink se Clara’s Barn op die historiese Vergenoegd Löw wynlandgoed buite Stellenbosch.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis vanjaar 54 jaar sedert Frans Malan van Simonsig wynlandgoed Suid-Afrika se eerste vonkelwyn in die tradisionale tweede gisting in die bottel-metode gemaak het.

Met die aankondiging van die wenners Donderdag op die historiese Vergenoegd Löw wynlandgoed buite Stellenbosch, was Frans se kleinseun, Michael twee maal op die podium om pryse te ontvang – goud vir hul Simonsig Satin Royale Cap Classique en ook algehele trofee vir Nectar. Oupa Frans het sekerlik iewers in die hemele ‘n glasie op dié triomf geklink!

Danna de Jong en Michael Malan van Simonsig wynlandgoed klink ‘n glasie op hul trofee vir Beste Nectar. Michael se oupa, Frans Malan, het in 1971 Suid-Afrika se eerste vonkelwyn in die tradisionale tweede gisting in die bottel-metode gemaak.

Dit is die 23ste agtereenvolgende jaar dat die Amorim Cap Classique Challenge plaasvind, ‘n geleentheid wat vanaf die begin deur dié Portugese kurkvervaardiger geborg is. Vanjaar is daar 131 Cap Classique-wyne vir die kompetisie ingeskryf.

Joaquim Sá, besturende direkteur van Amorim Cork SA, het Donderdag gesê dat die Cap Classique Challenge meer as ‘n kompetisie is. “Dit is werklik ‘n jaarlikse viering van die wonderlike wynkategorie wat Cap Classique geword het, sedert dit die eerste keer im 1971 deur Simonsig in Stellenbosch gemaak is,” het hy gesê.

Joaquim Sá, besturende direkteur van Amorim Cork SA en Morgan Steyn, wynmaker by De Grendel en ook een van die span beoordelaars.

“Die kompetisie is een waar ons die nalatenskap van hierdie kategorie vier, die gehalte van die produk en sy uitsonderlike produsente eer, en ‘n gesamentlike visie deel vir die toekoms, wat ek seker is net so vonkelend suksesvol sal wees as wat die verlede was.”

Sá het gesê dat as daar een faktor is wat hom laat glo dat Cap Classique een van die sterkste kategorieë van tradisioneel gemaakte vonkelwyne in die wêreld is, is dit die diversiteit van streeks-terroir, wat regdeur die spektrum van Cap Classique-wyne deur Suid-Afrikaanse produsente weerspieël word.

“Waar baie ander wyne wat in ‘n soortgelyke styl in ander lande gemaak word beperk is tot druiwe wat uit gedefinieerde areas kom, het Cap Classique-produsente toegang tot ‘n breë palet terroirs om mee te werk. In een wyn kan jy druiwe van verskillende streke soos Darling, Robertson en Stellenbosch kry, terwyl ‘n ander wyn gemaak kan word van druiwe afkomstig van Elgin, Durbanville en Paarl.

“Deur die unieke geurprofiele van hierdie verskillende streke saam te snoer, kan Cap Classique-produsente dinamies vervaardigde produkte op die rak plaas wat die wye diversiteit van Kaapse wynlande-terroir ten toon stel. En in die rustelose strewe na uniekheid in Cap Classique, word nuwe wynstreke voortdurend ontdek, soos in die geval van Newstead Wines se prestasie oor die afgelope paar jaar, waar hulle Plettenbergbaai as ‘n vername streek vir Cap Classique-uitnemendheid gevestig het.

Joaquim Sá, besturende direkteur van Amorim Cork SA en die Portugese konsul-generaalspaartjie in Kaapstad, Mariana de Sampayo en Jorge de Sampayo.

“Amorim bly verbind tot hierdie kategorie van Suid-Afrikaanse wyn en glo dat die inherente kwaliteit, soos elke jaar onderstreep word in die Amorim Cap Classique Challenge, dit een van die land se suksesvolste sektore gemaak het, waarvan die gehalte toenemende aanhang onder Suid-Afrikaanse en internasionale verbruikers kry.”

Newstead Wines, een van die baanbrekers van die Plettenbergbaai-wynlande aan die Kaapse Suidkus, ongeveer 520km oos van Kaapstad, is in 2006 gestig deur Doug en Sue Lund, met hul eerste wyne wat in 2012 gemaak is. Vanjaar se tweede toekenning aan Newstead as algehele wenner van die Amorim Cap Classique Challenge het Plettenbergbaai stewig gevestig as een van die land se voorste Cap Classique-streke.

Die wynmaker agter dié wen-vonkelwyn, is Anton Smal. Hy het destyds by Villiera wat vanjaar die Amorim Cap Classique Challenge-trofee vir beste Brut-wyn vir hul Villiera Monro Brut Cap Classique 2017 gewen het, gewerk. Die weersiens en gedeelde glorie tussen Anton en Jeff Grier en Nathan Valentine van Vlliera, was aandoenlik.

Anton Smal van Newstead vier sy oorwinning met die sward wat die kompetisie se algehele wenner jaarliks ontvang.
Anton Smal en Jeff Grier was jare gelede kollegas by Villiera. Hoe lekker om hulle saam op die wennerspodium te sien.

Beste Rosé was die Graham Beck Pinot Noir Rosé Cap Classique 2018, terwyl De Wetshof-landgoed in Robertson die trofee vir Beste Blanc de Blancs gewen het met hul De Wetshof Blanc de Blancs 2021. Die trofee vir Nectar (demi-sec) styl is toegeken aan Simonsig-landgoed, die baanbrekers van die Cap Classique-bedryf, vir hul Simonsig Satin Royale Cap Classique n/v.

Die kategorie vir Brut het die meeste inskrywings vanjaar ontvang (36), gevolg deur Blanc de Blancs (35), Rosé (33), Nectar (15) en Verlengde Veroudering (12).

Cap Classique Trofee-wenners is van links Lisa Keulder, Graham Beck Wines, Trofee vir Beste Rosé; Michael Malan en Danna de Jong, Simonsig wynlandgoed, Trofee vir Beste Nectar; Anton Smal, Newstead Wines, Trofee vir Beste Verlengde Veroudering en die Algehele Wenner; Nathan Valentine, Villiera Wines, Trofee vir Beste Brut en Peter de Wet, De Wetshof, Trofee vir Beste Blanc de Blancs. Regs is Joaquim Sá, besturende direkteur van Amorim SA, die borg van die  Cap Classique Uitdaging.

Elunda Basson, ondervoorsitter van die Cap Classique-vereniging, het gesê sy staan in vir Pieter (Bubbles) Ferreira, dié organisasie se voorsitter, omdat hy reis, maar het namens hom die volgende boodksap gelewer: “Cap Classique is die snelgroeiendste kategorie in die Suid-Afrikaanse wynbedryf en die wêreld neem kennis. Al meer mense verkies ons vonkelwyne bo Franse sjampanje – nie net oor die goedkoper pryspunt nie, maar ook die wonderlike diversiteit en uitstaande kwaliteit.”

Die beoordelaars van vanjaar se 23ste Amorim Cap Classique Uitdaging is agter van links Cathy Marston, John Loubser, Dr. Winnie Bowman, Spencer Fondaumiere (president van die Suid-Afrikaanse Sommeliersvereniging), Malu Lambert en Tim Hoek (keldermeester Haute Cabrière), Voor sit Samarie Smith-Meletiou, Morgan Steyn (wynmaker De Grendel) en Heidi Rosenthal Duminy (Kaapse wynmeester en voorsitter van die Cap Classique Uitdaging se beoordelaarspaneel).

Die beoordelaarspaneel vanjaar was Cathy Marston, John Loubser, Dr. Winnie Bowman, Spencer Fondaumiere (president van die Suid-Afrikaanse Sommeliersvereniging), Malu Lambert, Tim Hoek (keldermeester Haute Cabrière), Samarie Smith-Meletiou, Morgan Steyn (wynmaker De Grendel) en Heidi Rosenthal Duminy (Kaapse wynmeester en voorsitter van die Cap Classique Uitdaging se beoordelaarspaneel). Hulle het in drie panele van drie beoordelaars elk gewerk.

Heidi kon net sê: “O, my genade – die kwaliteit van die inskrywings…” Sy het bygevoeg dat hierdie kwaliteit nie oornagsukses was nie en soos Rumi glo, “geduld is die wagwoord.”

Hulle het ook vanjaar die kategorie se vereistes verhoog: Goud se vereiste is van 93 na 95 verhoog en Heidi het vertel dat nie almal Cap Classique kan beoordeel nie; dit verg ‘n spesiale proeër.

Die spyskaart vir die geleentheid waar elke gereg met ‘n ander wen-vonkelwyn gepasmaat is.
Die Trofee vir Beste Brut is aan die Villiera Brut Munro 2017 toegeken en dit was ook die drankie wat saam met die voorgereg bedien is.
Die voorgereg van Kaappunt tuna met komkommer, bokkom, labnet en kokosneut is met die Villiera Brut Munro 2017 bedien.
Hoofgereg van geroosterde eend met peer, spesery en witwortel, is met die De Wetshof Blanc de Blancs 2021 – trofeewenner vir Beste Blanc de Blancs – geniet.

Nadat al die trofees uitgedeel is, het gaste vir nagereg vergader wat met die Simonsig Satin Royale Cap Classique n/v en Newstead Brut Blanc de Blancs MCC 2017 bedien is.

Nagereg van aarbei pavlova, sorbet, room en Tonkaboon, is met die Simonsig Satin Royale Cap Classique n/v en Newstead Brut Blanc de Blancs MCC 2017 bedien.

Toe kon enige van die wen-vonkelwyne informeel op die grasperk voor die landgoed se historiese geboue geniet word.

“Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o! Die veld (wingerde) weer vrolik vir jou en vir my!”

Lees ook: Wen-versnit by Blaauwklippen vir 41ste jaar gekroon

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Nuwe restaurant in Kaapse Waterfront fokus op Afrika-kos

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Die restaurant staan onder leiding van die bekwame…

18 hours Gelede

Van Tienertoneel tot Showmax: Graad 11-leerder slaan rol in Spooksoeker-verwerking los

Rico vertolk Warno Alberts in die Showmax Original-tienerreeks Spooksoeker, wat op die topverkoperboeke deur veelbekroonde…

20 hours Gelede

Espressokoekies

Maak 36 koekies   Bestanddele   500 ml (2 k) koekmeel 60 ml (¼ k)…

21 hours Gelede

5 maklike veranderinge wat jy tydens Hartbewustheidsmaand kan maak om jou gesondheid te verbeter

September is die maand van hernuwing en positiewe verandering. Dit is ook wanneer Suid-Afrika Hartbewustheidsmaand…

2 days Gelede

Om weer in Andries se skoene te klim: De Klerk Oelofse oor sy pad met ‘Nêrens, Noord-Kaap’

De Klerk Oelofse en Andries Adendorff kom al ’n lang pad – van 2017 met…

2 days Gelede

Wat die onlangse volatiliteit in die Forex-mark vir Suid-Afrikaanse beleggers beteken

As 'n land met 'n relatiewe oop ekonomie, is die geldeenheid van Suid-Afrika, die rand,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.