Laat die kurke klap vir Klein Roosboom se vlagskip borrels

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Klein Roosboom

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die wynmaker, Piti Coetzee het hom uistekend van sy taak gekwyt en die nuwe vlagskip My Way Brut Nature 2019 en My Way Brut Rosé 2019 het reeds voor hul vrystelling die hoogste lof ontvang: die Platter-wyngids het vier sterre aan die My Way Brut Rosè toegeken, en vier en ’n half sterre aan die My Way Brut Nature. Albei wyne het goud ontvang by die 2022 Michelangelo International Wine & Spirits-toekennings en die Rosé, Goud by die Rosé Wine and Spirits Challenge.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaste kon met hul aankoms op die plaas ’n klok lui en dan het ’n gehandskoende hand yskoue vonkelwyn deur ’n gat in die muur aangegee.
Die wynmaker, Piti Coetzee, het hom uistekend van sy taak gekwyt met die nuwe vlagskip My Way Brut Nature 2019 en My Way Brut Rosé 2019 en sommer later die aand die glase volgehou sonder gaste die klok hoef te lui! more

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wynmaak by Klein Roosboom het in 2007 begin met matriarg Karin de Villiers, wat een doel voor oë gehad het – om haar eie vonkelwyn te maak. Nou, 16 jaar later, het die familie die My Way vonkelwyne by hul breër wynportefeulje gevoeg wat reeds die Marné Brut Cap Classique insluit.

Matriarg Karen, met haar dogter, Marné, seun en skoondogter,
Tian Jacobs, Maryna Calow van WOSA, Nicol de Villiers, wingerdboukundige van Klein Roosboom en ’n ongevraagde mimiekkunstenaar wat in elke foto wou wees!

Die matriarg Karin de Villiers se dogter, Marné, het reeds ’n vonkelwyn, die Marné Brut MCC, wat na haar vernoem is, maar sy is mal oor vonkelwyn en was die perfekte model vir die twee nuwe vlagskip My Way-borrels. more

Die wyne is ’n viering van die De Villiers-familie se herkoms en passie en die plaas se nabyheid aan die see. Die familie het Klein Roosboom van ’n nederige begin laat groei tot ’n groot gunsteling op die Durbanville Wynvallei-roete. Hul omskepte sementkuipe met elkeen ’n ander tema, is gewilde kuierplekke om wyn te proe.

“Dit is ’n baie spesiale geleentheid vir ons,” het Karin by die funksie vertel. “Ons wyne is tradisioneel na familielede vernoem. Die My Way-reeks bring egter hulde aan my pa, wat mal was oor die My Way-liedjie wat deur Frank Sinatra bekend gemaak is.

Die sementkuipe op die plaas is omskep in intieme wynproe-kamertjies en is baie gewild.

“Die besluit om twee borrels te maak wat waardig is om die My Way-etiket te dra, het in 2019 begin. Ons wou baie spesiale verpakking en etikette hê, so ’n spesiale bottel is ingevoer, en die bekende ontwerper en illustreerder, Hannes Koegelenberg het die ontwerp hanteer.

Hannes het antieke illustrasies met klassieke elemente en lettertipes gekombineer om ’n elegante en tydlose ontwerp te skep. Verskeie subtiele insluitings weerspieël die Klein Roosboom-verhaal. “Die gebruik van engeltjies, wat met wynvate en blomme baljaar, gee ’n speelse perspektief,” sê hy.

“Saam weerspieël die ontwerp die ouwêreldse sjarme en kontemporêre passie, wat werklik opsom waaroor Klein Roosboom gaan.”

Die bekende ontwerper en illustreerder, Hannes Koegelenberg, het die ontwerp hanteer. By hom staan Lindy Samery van NB Uitgewers.
Slegs 2 890 bottels van die 2019 My Way Brut Nature en 1 350 bottels van die 2019 My Way Brut Rosé is vervaardig.

Slegs 2 890 bottels van die 2019 My Way Brut Nature en 1 350 bottels van die 2019 My Way Brut Rosé is vervaardig. Gaste kon met hul aankoms op die plaas ’n klok lui en dan het ’n gehandskoende hand yskoue vonkelwyn deur ’n gat in die muur aangegee.

Heerlike happies wat die vonkelwyn komplementeer het, is deur sjef Lorianne Heyns en haar span voorberei.

Crudités met geroosterde knoffel hummus en olyfkrummel vir peusel voor die interessante disse uitgedra is en as vingerhappies bedien is.
Heerlike happies wat die vonkelwyn komplementeer het, is deur sjef Lorianne Heyns en haar span voorberei. Gesmoorde brisket bitterballen met chimichurri en mostert.
Niks by Klein Roosboom word op die gewone manier gedoen nie. Selfs soetigheid is ’n geleentheid.

Ander wyne van die My Way-reeks sluit in ’n Sauvignon Blanc van 35 jaar oue boswingerde, ’n vat-seleksie rooi versnit en ’n Petit Verdot.

’n Reuse “engel” het ekstra glans aan die aand verleen.
Die radio- en televisie-aanbieder en glansspreker, Success Lekabe saam met die uitgewer en televisie-aanbieder Ingrid Jones en Francois Booysen.

Lees ook: Spier herehuis herleef met kuns, kos en wyn

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

57 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

1 hour Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

19 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

20 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

23 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.