Carolina Herrera het ’n manier om moderne elegansie raak te vat. Hierdie eksklusiewe uitgawe vang die sjarme vas en verhoog die merkwaardige aandag aan die detail van die Carolina Hererra-modehuis, met inagneming van die ware kennis van die handelsmerk se geur. “Beide die reuk en die bottel druk die sensuele, vroulike krag en kompleksiteit van vroulikheid uit.” Carolina Herrera de Baez
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Carolina Herrera Good Girl Collector’s Edition Good Girl Glitter (R1 785 vir 80 ml, beskikbaar by Edgars, Red Square, Foschini, Truworths & Woolworths)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Hierdie jel is deel van die bekende Chanel N°5 parfuumreeks. Dié produk sal jou vel ’n gesonde goue glans gee en bevat die subtiele roos-en-jasmyn-note van die ikoniese geur. Jy kan dit gebruik aan jou polse en halslyn.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }CHANEL N°5 Fragments D’OR Gold Fragments-lyfjel (R1 530, beperkte uitgawe)
Plaas hierdie ster in warm water en kyk hoe dit oor die oppervlak begin dans. Die silwer sterretjie sal jou vel sag laat voel en bevogtig terwyl jy in die luukse laventelkleurige water onstpan na die woelige jaar.
Lush Star Light Star Bright Bath Melt (R59,90)
Die nuwe Yardley Liquid Stayfast Liquid Matte Vinyl Metallic is beskikbaar in 4 nuwe glansagtige metaalskakerings. Dit bevogtig jou lippe terwyl dit ook ’n mooi glans aan jou lippe gee – die perfekte voorkoms vir die feestyd se feesvieringe.
Yardley Liquid Stayfast Liquid Matte Vinyl Metallic Lipstick (R119,95)
Hierdie oogskadupalette van Dior is deel van hul Noël 2017-vakansiereeks. Die Ruby-palet bevat pragtige rooi, bruin, ivoor en goud om jou oë ekstra te laat skitter.
Dior 5 Couleurs Precious Rocks in Ruby (R995)
Hierdie kerse lyk nie net mooi nie, dit ruik ook fantasties! Dit vorm deel van Cape Island se Constantia Heights-reeks en is beskikbaar in 250 ml asook 500 ml-kerse. Die reeks herdenk die natuurlike skoonheid van die Kaapse Wynlande.
Constantia Heights Candle (R290 vir 250 ml en R490 vir 500 ml en die 3 x100ml votive stel vir R390)
As jy baie reis, is hierdie beslis ’n moet-hê item. Die kompakte haardroër is baie lig, bevat ’n 1200w motor en dit vat nie baie spasie op in jou tas nie, want dit kan opvou! Dit is sonder twyfel op my wenslysie hierdie Kersfees.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.