kategorieë: Ontspanning

La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die handelsmerk was vir etlike jare nie meer so geredelik plaaslik beskikbaar nie, maar met sjampanje wat al hoe gewilder word, het hulle teruggekeer.

Pommery is een van die mees geskiedkundige en gevierde sjampanjeprodusente. Niks word op die 50 hektaar plaas in Reims, Champagne, aangejaag of forseer nie, alles word gedoen om te verseker dat die Natuur kans kry om haar haar beste te lewer: dit is die filosofie agter Pommery se sjampanje-maak-nalatenskap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié vieringe is by die Norvalstigting gehou, omdat La Maison Pommery ook baie toegewyd is tot die kunste en gereelde kunsuitstallings daar jaarliks miljoene besoekers lok.

Lekker sjampanje voor jy in die Norvalstigting se beeldhoutuin kon gaan rondstap en die kunswerke in die uitstalling binne kon besigtig.
Die restaurant se ingang is met ‘n Magnum sjampanje versier.

Hadrien Pats, uitvoerbestuurder van die Vranken Pommery Monopolegroep en Reagan Clay, Vinimark handelsmerkbestuurder vir Pommery wat dit in Suid-Afrika sal versprei, het gaste welkom geheet voor almal met sjampanje deur die uitstallings in die gallery gelei is.

Hadrien Pats, uitvoerbestuurder van die Vranken Pommery Monopolegroep en Reagan Clay, Vinimark handelsmerkbestuurder vir Pommery wat dit in Suid-Afrika sal versprei, klink ‘n glasie op sukses.

Terug in die restaurant, Grub & Vine Norval, onder leiding van sjef Matt Manning, kon gaste meer hoor oor Pommery.

Sjef Matt vertel aan gaste hoe die spyskaart werk.
Sjef Matt Manning wat die kos vir die aand met die verskillende sjampanjes gepasmaat het.

Hadrien het vertel: “In 1860 het die jong weduwee Madame Pommery, die leisels van haar oorlede man se wynbesigheid in Reims oorgeneem, met die ambisie om die sjampanjehuis te laat groei.

“In Julie 1868 begin sy – wat bekend gestaan ​​het as “die konstruksieterrein van die eeu” toe sy met die transformasie van die krytputte in kelders begin het. Die sagte wit rots is ontgin vir die bouwerk en vandag spog die sjampanjehuis met sowat 18 km kelderspasie, waarvan sowat 1 kilometer oop is vir die publiek. Tot vandag toe waarborg die kelders steeds die perfekte humiditeit en temperatuurtoestande om sjampanje te verouder en te stoor.”

Oelof Wiedeman (Hoof van Insigte en Sake-advies by Vinimark), Marguerite Beukes (Vinimark bemarkingsbestuurder), Hadrien Pats (uitvoerbestuurder van die Vranken Pommery Monopolegroep), Helen Kock (Vinimark handelsmerk portefeulje direkteur) en Reagan Clay (Vinimark handelsmerkbestuurder waarvan Pommery Champagne een is).

In 1874 het Madame Pommery alle tradisies verbreek deur ‘n Brut Champagne bekend te stel, wat heeltemal anders was as die hoogs versuikerde wyne, wat vir die grootste deel van die 19de eeu só gewild was.

Sy was die eerste wat Brut Champagne gekommersialiseer het en haar wyn, Pommery Nature, was ‘n treffer. Madame Pommery het dus vir altyd haar stempel op die wêreld van wyn gelaat en haar persoonlikheid in ‘n premium produk geïnspireer wat vandag sterk staan.

Om sy kenmerkende Brut Royal te maak, wat in 750ml- en 1,5L-bottels verkoop word, gebruik Pommery ‘n presiese kombinasie van 35% Chardonnay, 35% Pinot Noir en 30% Pinot Meunier.

Die glase het gevul gebly regdeur die aand.
Elke gas het ‘n geskenksakkie huis toe gekry.

Deesdae sluit Pommery se volledige reeks beide Prestige Cuvees en meer kontemporêre uitdrukkings van Champagne in. Die Suid-Afrikaanse mark sal die Brut Royal en Brut Royal Rosé, Apanage Blanc de Blancs en Royal Blue Sky NV kan geniet.

“Hierdie wyne word met die grootste sorg geproduseer. Noukeurige druiweseleksie en die premium kwaliteit van elke jaarlikse oes, is die middelpunt van Pommery se benadering tot wynmaak. Om die konstante kwaliteit van die vrugte te bewaar, word alle druiwe op dieselfde dag gepluk. Geen masjinerie word in die oesproses gebruik nie, om te verseker dat die druiwe in perfekte toestand bly op die reis van die wingerd na die pars nie,” het hy vertel.

Lees ook: Diemersdal stel unieke wyn uit glashouers bekend

Wat sal sjampanje sonder oesters wees?
Heerlike rysbolletjies, bekend as Arancini, het die tonge net lusgemaak vir die maal wat wag.

Vandag word Madame Pommery se bekende huis besit deur die Vranken Pommery Monopole Groep wat nie net die legendariese weduwee se tradisies voortsit nie, maar die tweede plek in wêreldwye sjampanjeverkope beklee.

Dit word sedert 2014 bekroon met die Volhoubare Wingerdbou in Champanje en Hoë Omgewingswaarde-etikette; die prosesse bly getrou aan Madame Pommery se visie om die omgewing waarin die wyne ontwikkel en verouder word, te eer.

Die heerlike spyskaart vir die aand wat die veelsydigheid van die verskillende Pommery-sjampanjestyle vertoon het.

Die spyskaart vir die aand het met volstruis carpaccio, beet tarte tatin, balsamiese glasuursel, vars peer en lemoen en Ponzu-sous; of pangebraaide koning-sampioen met Miso geglasuurde witwortel, gepekelde shimeiji en Parmesaan krulkool as voorgereg afgeskop en is met die Pommery Royal Elixir Demi-Dec bedien.

Hoofgereg was vis, lamsrak of rooipeper-en-tamatie risotto en dis met die Pommery Apange Blanc de Blancs bedien. Die verskillende disse het nie net vir verskillende dieetkvoorkeure voorsiening gemaak nie, maar ook die veelsydigheid van die sjampanje met verskeie geure vertoon. Nagereg van sjokolade pave met heuningkoek en aarbei coulis is met Pommery Brut Royal Rosé bedien.

My voorgereg was volstruis carpaccio, beet tarte tatin, balsamiese glasuursel, vars peer en lemoen en Ponzu-sous voorgereg is met die Pommery Royal Elixir Demi-Dec bedien.
Hoofgereg was vis, lamsrak of rooipeper-en-tamatie risotto. Ek het die lamsrak gekies en dis met die Pommery Apange Blanc de Blancs bedien.
Nagereg van sjokolade pave met heuningkoek en aarbei coulis is met Pommery Brut Royal Rosé bedien.

Lees gerus meer oor die sjampanjehuis hier.

Lees ook: Waardige grondbaron op Groot Phesantekraal gehuldig

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Die Brug’ is terug! Wat wag in die tweede seisoen?

Die brug is amper hier!   Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…

13 hours Gelede

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

16 hours Gelede

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

19 hours Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

2 days Gelede

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era

Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp)…

2 days Gelede

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.