kategorieë: Ons menseBekendes

kykNET vier 25 jaar van wêreldklas kykstof – in Afrikaans

Dit het soos soveel suksesverhale klein begin, maar die droom was groot: begin ’n TV-kanaal in Afrikaans vir almal wat die taal praat. Meer nog – skep inhoud in Afrikaans wat kan meeding met die beste in die wêreld, ontdek nuwe talent voor en agter die skerms en gee vir kykers die beste moontlike kykstof.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op 15 November 1999 het kykNET vir die eerste keer op DStv uitgesaai. Nou, 25 jaar later, het die drome waar geword, maar daar word nie nou teruggesit nie. “Aanhou beweeg en geraas maak,” het Jan Rabie in sy kortverhaal “Ek het jou gemaak” geskryf. En in daardie gees gaan kykNET aanhou skep, aanhou uitdaag, aanhou groei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die kanaal het begin onder die bekwame leiding van Marida Swanepoel en Jan du Plessis. Deur die jare het verskeie persone in die groot stoel by kykNET gesit. Theo Erasmus was kanaalhoof van Julie 2001 tot Mei 2009 en Karen Meiring van April 2009 tot einde 2021. Waldimar Pelser het die leisels by Karen oorgeneem en is vandag M-Net-kanaaldirekteur: Premium-kanale, wat kykNET insluit.

Waldimar Pelser, M-Net-kanaaldirekteur: Premium-kanale, wat kykNET insluit. (Foto: Verskaf)

kykNET, wat onbeskroomd van huis uit vriendelik Afrikaans is, het deur die jare ’n magdom programme op die kykspyskaart gesit. Dramareekse, wat die ruggraat van menige TV-kanaal en die broeiplek van stories, talent en vaardigheid is, het momentum begin kry toe Song vir Katryn, kykNET se eerste oorspronklike reeks, in 2003 uitgesaai is. Sedertdien was daar treffers soos Die Boekklub, Boland Moorde, Sara se geheim, Een keer om die son, Alles Malan, Amalia, Vlug na Egipte, Dwaalster, Vallei van sluiers en Nêrens, Noord-Kaap, om net ’n paar te noem.

Lees ook: Inspirerende stories, Teater en Pa-wees: Dean Balie se volgende hoofstuk

Dis egter nie net dramareekse nie. kykNET hou die fakkel omhoog wanneer dit kom by leefstyl, aktualiteit, nuus, sport, realiteitsreekse, komedie, sepies en telenovelas. Boere het vroue gekry, Hannon het kykers opge-glam, Kabous en Lourensa hou ons ingelig, Hannes kuier saam met mense op die bank én in hulle huise, en Breytie en die span praat bôl.

kykNET se invloed strek egter verder. Met die kanaal se betrokkenheid by, onder meer, filmmaak deur die Silwerskermfees, die erkenning van talent wat by ons kunstefeeste skitter deur die Fiësta-toekennings en ook borgskappe by van die land se grootste feeste, is kykNET een van die grootste en stewigste ankers in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf.

kykNET het ook nie net een kanaal gebly nie. Daar was MK, wat van 2005 tot 2013 vir die beste Suid-Afrikaanse en veral Afrikaanse musiek gesorg het. In 2012 het kykNET NOU!, ook ’n kanaal wat op musiek fokus, op DStv-kanaal 146 begin, en dis steeds op die lug. kykNET&kie het in 2013 by die kykNET-familie aangesluit en is op DStv-kanaal 145 te sien, en gedurende vakansietye sorg fliekNET sedert 2014 vir die beste Afrikaanse speelfilms, kortfilms en dokumentêre.

“kykNET is ’n versamelnaam vir die slimkoppe wat programme uitdink en maak, intekenare wat dit geniet en daaroor gesels, en die herinneringe wat TV in ons wakker maak. Ons wil dat ons dramas ons gehoor róér, ons komedie hulle uitbundig laat lag, ons realiteitsprogramme hulle tot op die punt van die stoel laat skuif om te sien wat gaan volgende gebeur – want hulle herken iets van hulleself in die mense wat hulle op skerm sien, en meet daarom hul eie besluite teen die keuses wat deelnemers, spelers of selfs fiktiewe karakters maak. As ons ons werk reg doen, dan voel ons kykers geprikkel, ingelig, en – dit is die heel belangrikste – deel van ’n ruim Afrikaanse gemeenskap. Dankie aan elke intekenaar wat kykNET se groot Afrikaanse projek moontlik maak – mag julle tone vir nog 25 jaar van lekkerkry krul!,” sluit Waldimar Pelser, huidige M-Net kanaaldirekteur: Premium-kanale af.

Lees ook: Mia le Roux onttrek dae voor eindronde aan Mej. Heelal

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

19 hours Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

22 hours Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

23 hours Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

1 day Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.