kategorieë: Ons menseBekendes

kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV: Hier’s vanjaar se wenners!

Foto’s: Nardus Engelbrecht

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV is tydens ’n uitskieter-gala op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) oorhandig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vanjaar is die gesogte Silwerskermbeeldjies weer uitgedeel aan akteurs, aanbieders en persoonlikhede wat tussen 1 April 2023 en 31 Maart 2024 vir uitmuntende vermaak op die kykNET-kanale gesorg het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Nardus Engelbrecht

Daar is ook erkenning gegee aan legendes in die vermaaklikheidswêreld. Hans Strydom, wat al van 1973 af diep spore in veral Afrikaanse flieks getrap het en die patriarg At Koster in Binnelanders speel, en die veelsydige Denise Newman, deesdae veral bekend vir haar ikoniese rol as Bridgette in Suidooster, is beide vir hul lewensbydraes vereer. Die TV-vervaardiger Roberta Durrant is ook vir haar lewenslange toewyding aan die bedryf gehuldig.

“Film en TV is soos twee kamers van kykNET se hart,” sê Waldimar Pelser, M-Net-kanaaldirekteur: Premium-kanale. “Die een kan nie gesond wees sonder die ander nie. Om hierdie twee kommersiële kunsvorms te verenig by ’n toekenningsaand is nie net heerlik nie, maar ook noodsaaklik.

“Dit is ook baie bevredigend om te sien hoeveel skeppers van Afrikaanse inhoud hul hand aan albei waag – filmmakers wat TV maak en andersom. Die sukses daarvan neem ons bedryf vorentoe. Dit is belangrik om erkenning te gee aan almal wat met min hulpbronne wonderwerke op skerm verrig.”

Foto: Nardus Engelbrecht

Boonop vier kykNET vanjaar ’n kwarteeu van vermaak, hoofsaaklik gemik op die Afrikaanse mark. In die kanaal se bestaan van 25 jaar het dit so deel van huishoudings geword soos biltong en beskuit.

Waldimar beskou TV by uitstek as ’n spanpoging en het groot lof vir kykNET se vennote wie hy as meesters van storie, kinematografie, sakeplanne, ondersoekwerk, vermaak en van oplossings soek en vind, beskryf. “Op 25 sê ons uit die hart dankie vir die ure, die idees, die aandag aan detail, en die liefde wat ons deel met ons kykers. Dankie dat julle kykNET saam gebou het.”

Die toekenningsaand was ’n glansryke affêre soos min, iets wat selde op so ’n groot skaal op eie bodem ervaar word.

Leon van Nierop, Anlie Janse van Rensburg en Werner Klopper. Anlie, ons redaktrise, dra ‘n Carike Nel Designs-skepping.

DIE WENNERS IN DIE TV-KATEGORIE IS:

Beste byspeler in ’n komedie

  • Taktiek – Mandri Sutherland

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram

  • Wie word ’n miljoenêr? – Rian van Heerden

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram

  • Ommighellie – Frazer Barry

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie

  • Wyfie – Mienke Ehlers

Foto: Nardus Engelbrecht

Beste akteur in ’n komedie

  • Taktiek – Bennie Fourie

Beste aktrise in ’n komedie

  • Magda Louw – Desiré Gardner

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram

  • In die sop – Bertus Basson

Foto: Nardus Engelbrecht

Beste ensemble-aanbiederspan

  • Toks en Tjops – Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie)

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie

  • Wyfie – Marguerite van Eeden

Beste manlike byspeler in ’n drama

  • Koek – Dawid Minnaar

Beste vroulike byspeler in ’n drama

  • Koek – Sandra Prinsloo

Beste aanbieder in ’n joernaalprogram

  • Prontuit – Kabous Meiring

Beste aanbieder in ’n dokumentêre realiteitsprogram

  • Grondpad geloof – Dana Snyman

Beste aanbieder in ’n geselsprogram

  • Hannes aan huis – Hannes van Wyk

Beste aanbieder in ’n aktuele program

  • In gesprek – Lourensa Eckard

Beste akteur in ’n drama

  • Koek – Jacques Bessenger

Foto: Nardus Engelbrecht

Beste aktrise in ’n drama

  • Koek – Cindy Swanepoel

Foto: Nardus Engelbrecht

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie

  • Suidooster – Jill Levenberg

Beste akteur in ’n telenovela of sepie

  • Arendsvlei – Jody Abrahams

Persoonlikheid van die Jaar

  • Rachelle Fourie

DIE WENNERS IN DIE SPEELFILM-KATEGORIE IS:

Beste draaiboek van ’n speelfilm

  • Som van twee – Simoné Pretorius

Foto: Nardus Engelbrecht

Beste oorspronklike klankbaan in ’n speelfilm

  • Som van twee – Snoozefest, Hunter Kennedy

Beste klankontwerp in ’n speelfilm

  • Die Kwiksilwers – Sound Surgeon Studios, Morné Marais

Beste kinematografie in ’n speelfilm

  • Hier.Na – Ebrahim Hajee

Beste redigering in ’n speelfilm

  • Som van twee – Dries Scholtz

Beste grimering en haarstilering in ’n speelfilm

  • Die Kwiksilwers – Hanri Neethling

Beste kostuums in ’n speelfilm

  • Hier.Na – Ayesha Khatieb

Beste manlike byspeler in ’n speelfilm

  • Som van twee – Pierre Breytenbach

Beste vroulike byspeler in ’n speelfilm

  • Hier.Na Trudy van Rooy

Beste regie in ’n speelfilm

  • Som van twee – Simoné Pretorius

Foto: Nardus Engelbrecht

Beste akteur in ’n speelfilm

  • Som van twee – James Borthwick

Beste aktrise in ’n speelfilm

  • Hier.Na – June van Merch

Beste speelfilm

  • Som van twee

DIE WENNERS IN DIE KORTFILMS-KATEGORIE IS:

Beste draaiboek van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Marie se laaste dag – Mercy Kannemeyer en Lourensa Eckard

Beste regie van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Die Skynwerper – Dewet van Rooyen

Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Marie se laaste dag

Beste kinematografie in ’n kortfilm

  • Marie se laaste dag – Tom Marais

Beste redigering in ’n kortfilm

  • Baas se honne – Leon Visser

Beste akteur in ’n kortfilm

  • Die Skynwerper – Ben Albertyn

Beste aktrise in ’n kortfilm

  • Selah – Erica Wessels

Beste Shotgun-kortfilm

  • Baas se honne

DIE WENNERS IN DIE DOKUMENTÊR-KATEGORIE IS:

Beste kort dokumentêr

  • Maak stil die geblaf

Beste regie in ’n kort dokumentêr

  • Maak stil die geblaf – Marisa van Tonder

Beste redigering in ’n kort dokumentêr

  • Vergeet van my – Pierre-Arnold Theron

TOEKENNINGS VIR LEWENSBYDRAE:

  • Denise Newman (aktrise)
  • Hans Strydom (akteur)
  • Roberta Durrant (TV-vervaardiger)

FEESGUNSTELING

  • Die Kwiksilwers

Die 12de kykNET Silwerskermfees is moontlik gemaak deur Openserve en die Stad Kaapstad.

Lees ook: EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid – en wat jy daaraan kan doen

Dit is belangrk dat jy weet wat die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid is.

6 hours Gelede

Die beste mediese fonds vir enkellopende vrouens

As enigste versorger, kan mediese uitgawes 'n groot impak op hul finansies hê, daarom is…

11 hours Gelede

8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek

In `n vinnig veranderende wêreld waar nuwe uitdagings voortdurende voorkom en dringende oplossings verg, is…

12 hours Gelede

Bateleur is voël van die jaar en top wyn-etiket

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Dis die Bateleur Chardonnay 2020 wat daardie gesogte…

1 day Gelede

Vis: Kook een keer, eet drie keer

Nie seker wat om met oorskiet-vis te doen nie? Ons wys jou hoe jy een…

1 day Gelede

Gesonde rotskoekies

Bestanddele   325 ml (225 g) koekmeel ’n knypie sout 5 ml (1 t) koeksoda…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.