Moenie ’n misdadiger aan sy skoene takseer nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Regisseur en skrywer: Lara Lourens.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Sy het aan die Performing Arts Lifestyle Institute in Pretoria studeer waar sy praktiese ervaring opgedoen het in skryf, regie en toneelspel. Hoewel sy reeds haar teaterdebuut as regisseur gemaak het, is Koue Voete haar eerste professionele kortfilm as skrywer, regisseur en vervaardiger.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
’n Verbitterde swanger vrou veg om haar roostuin te beskerm teen ’n bok terwyl haar huwelik verbrokkel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Regisseur en skrywer: Philip van Zyl
Hy is ’n filmmaker van Pretoria wat ’n voorliefde het vir eg Suid-Afrikaanse stories met sterk menslike temas. Paul Thomas Anderson, Denis Villeneuve en Martin Scorsese tel onder sy gunsteling-filmmakers.
Wanneer ’n jong, sorgelose hippie aansoek doen as verpleër by ’n streng, vol nonsens bejaarde dame, is daar reeds spanning vanaf die eerste woordewisseling. Tog ontwikkel hulle ’n dieper vriendskapsverhouding en leer mekaar hoe om die ander onvoorwaardelik te aanvaar. Ouderdom is net ’n getal, maar hartsvriende bly deel van jou bestaan.
Regisseur: Susan Coetzer
Sy is ’n bekroonde aktrise wat bekend is vir haar teaterdebuut in Diepe Grond, asook TV-reekse soos Daisy de Melker en Meester.
Skrywer: Elanie Rupping
Sy het haar deurbraak as skrywer met die tweede seisoen van die kykNET-jeugdrama Sterlopers gemaak. Sy is tans skrywer en teksredigeerder op die sepie Getroud met Rugby.
Vyftien jaar ná ’n gruwelike motorongeluk vier ’n joviale man en sy kwadruplegiese vrou hul twintigste huweliksherdenking. Ten spyte van die romanse en selflose liefde noop die frustrasies van haar gebrek hulle om die waarheid van hul gebroke verhouding, verwyt, pyn en eie magteloosheid te trotseer.
Regisseur en skrywer: Matthys Boshoff
Hy het ervaring as skrywer vir televisie-drama en as regisseur op plaaslike sowel as internasionale advertensies. Hy ontwikkel tans ’n paar films.
André red beseerde diere, maar sy verhouding met die plaaslike veearts neem ’n donker draai wanneer sy ma begin inmeng …
Regisseur en skrywer: PG de Jonge
Hy het halfpad deur ’n joernalistiekgraad besef hy hou meer van fiksie. Nou maak hy flieks en laat die nuus oor aan ander.
Wanneer ’n psigologiese versteurde man se traumatiese verlede sy hede beïnvloed word ’n vreemdeling die slagoffer van sy eie trauma.
Regisseur en skrywer: Ricardo Liut
Hy is ’n multimedia- en grafiese ontwerp-dosent by die Noordwes-Universiteit. Hy het ’n BA in grafiese ontwerp en spesialiseer in fotografie, film en multimedia-ontwerp. Hy is tans besig met sy nagraadse studies. In 2015 was hy die regisseur van die kortfilm Die Monoloog saam met Zoo Productions.
Slapgat-busbestuurder Freddie Venter vervoer tien pasiënte van een geestesgestremde inrigting na ’n ander… en dan verloor hy sy vrag.
Regisseur: Pieter Grobbelaar
Hy smokkel al vir jare met ons harte en koppe danksy sy verhoogstukke, operas, televisiereekse en flieks.
Skrywer: Marina Bekker
Fanus Niemand is toe iemand …
Regisseur en skrywer: Wimpie van der Merwe
Hy het in 2006 sy B-Tech-graad aan die Filmskool van TUT behaal het. Bekend vir sy rol as skrywer en regisseur van Karate Kallie werk hy sedertdien as skrywer, regisseur en kameraman in die filmbedryf.
As ons maar net kon verdwyn.
Regisseur: Marisa Drummond
Sy het haar debuut as regisseur in die nuwe kykNET-sepie Getroud met Rugby gemaak.
Skrywer: Jannes Erasmus
Jannes is grootliks bekend vir sy grensverskuiwende teaterproduksies.
Ná oom Johan Booysens ’n jong man langs die pad optel, besef hy hoe gevaarlik die pad kan wees as mens nie jou geselskap ken nie.
Regisseur en skrywer: PJ Kotze
Hy is ’n filmmaker gebaseer in Johannesburg met ’n passie vir platteland-stories, regte klein-dorpie-karakters en avontuur. Ná vyf jaar van klasgee in film, is hy tans voltyds toegewy om sy ondervindings as ’n Suid-Afrikaner te probeer interpreteer en uit te leef deur film as medium.
Thomas hoor die verlammende hum-klank al vir so lank dat hy skaars kan onthou wanneer dinge vir hom begin skeef loop het. Met die hulp van sy psigiater, dr. Swart, begin hy om sy verlede te ontleed sodat hy vir Jana, die liefde van sy lewe, terug kan wen ten spyte van die onafwendbare gedreun asook die gevoel dat hy konstant dopgehou word …
Regisseur en skrywer: Willem Grobler
Sy bekroonde kortilm, The Great Gatsby: Redemption, is binnekort by die 2016 Durban Internasionale Filmfees te sien.
’n Naïewe jong verpleegster word as oppasser aangestel om na ’n briljante, maar moeilike skrywer met Aspergersindroom om te sien. Maar, as ’n skrywer sukkel om leuens te vertel, hoe is hy veronderstel om stories op te maak?
Regisseur en skrywer: Frannie van der Walt
Daar’s ’n fyn lyn tussen opwinding en vrees. Dis net woorde. Jy’t ’n keuse. Veg of vlug?
Regisseur: Nini Conradie
Plankekoors is haar debuut as regisseur.
Skrywer: Ludwig Binge
Hy is ’n vryskut-akteur en het deelgeneem aan verhoogproduksies soos Balbesit, Cabaret en Samsa-masjien, sowel as die speelfilm Johnny is nie dood nie.
’n Motorfietsryer kies die oop pad as ontvlugting. Het hy die regte afdraaipad gekies?
Regisseurs: Geoffrey Butler en Lisba Vosloo
Geoffrey is ’n vryskut-regisseur en -redigeerder van verskeie televisieprogramme en advertensies. Hy het onlangs die mede-regie van ’n dokumentêre film oor Pieter-Dirk Uys behartig.
Lisba is ’n bekroonde dokumentêre filmmaker, regisseur en redigeerder wat al op verskeie programme gewerk het wat strek van opera tot oorlog.
Redigering: Henry Cloete
Lodewyk Mouton is die naïewe heerser van die diktatorskap Anskroepolis. Wanneer ’n groep sosialistiese rebelle by sy herehuis opdaag en dreig om hom te onttroon, word Lood gekonfronteer met die realiteit van sy borrel-bestaan en die ellende van sy volk.
Regisseur en skrywer: Mia Cilliers
Sy is ’n skrywer en regisseur van Kaapstad met ’n agtergrond in dokumentêre films, webreekse en werklikheidstelevisie.
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
Hierdie webwerf gebruik koekies.