kategorieë: Ontspanning

kykNET se splinternuwe baadjie!

Die afgelope 18 jaar het kykNET sinoniem geword met 100% plaaslik vervaardigde gehalte-inhoud wat kykers vermaak in elke genre en op elke beskikbare platform. Die drie kanale – kykNET HD Premium, kykNET&kie HD en kykNET NOU! HD – bied gehaltevermaak vir enigiemand met ’n waardering vir Afrikaans.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die nuwe visuele voorkoms verteenwoordig ’n hervestiging van lojaliteit teenoor kykers – inspirerende kwaliteit in ruil vir jou kosbare tyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Voortdurende vernuwing en vooruitstrewende denke is belangrik om toonaangewend te wees in ’n snelveranderde media landskap. In ’n wêreld waar daar so baie inhoud beskikbaar is, wil ons seker maak ons bied waarde vir tyd.” Karen Meiring, Direkteur: kykNET-kanale

Die landskap en platforms waarop kykNET se inhoud verbruik word, het verander en daarom is dit noodsaaklik vir die handelsmerk om hierdie nuwe moontlikhede en geleenthede optimaal te benut.

Dit was met hierdie in gedagte dat kykNET twee jaar gelede met ’n projek begin het om hierdie vernuwing te toets. Die marknavorsing wys duidelik dat kykers in ’n toekomsgerigte en toekomsgedrewe handelsmerk belangstel. kykNET word daarom binne ’n dinamiese globale gemeenskap en media-omgewing geposisioneer waar goeie stories en ryk ervarings al is wat tel. Noudat kykNET-inhoud ook op ShowMax se video-op-aanvraagdiens beskikbaar is in meer as 30 lande, het dié handelsmerk werklik ’n internasionale speler geword.

Met hierdie nuwe baadjie staan kykNET op uit die ikoniese blou gemakstoel en verklaar dat kykNET vol lewe, toekomsgerig en positief is – gereed om ’n groter, wyer wêreld te verken. Die nuwe kenteken en posisionering weerspieël hierdie opwindende evolusie.

Skakel vanaf April 2017 weekliks in op die drie kykNET-kanale (DStv-kanale 144-146) vir meer as 86 uur van oorsponklike inhoud. Nuwe komedies en dramas is te sien op die kykNET- vlagskipkanaal en ou bekendes keer terug met nuwe inhoud. kykNET&kie spog met bekroonde dramas wat beskikbaar is vir kykers op die familie-pakket en ook ’n bonus is vir Premium-kykers wat dalk dié reekse die eerste keer misgeloop het. Die pols en ritme word in April aangegee deur kykNET NOU! met witwarm nuwe klanke.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.