kykNET se nuwe romantiese komedie sal jou weer in die liefde laat glo

Nie net ’n liefdesbrief aan Kaapstad nie, maar ook ’n liefdesbrief aan almal – selfs die wat al deur die meul is – wat nog in liefde glo. Om en om is ’n vollengte TV-film wat spesiaal vir Valentynsdag geskryf en vervaardig is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In die rolverdeling is Troukoors se Ilse-Lee van Niekerk as Liesl, Evan Hengst, bekend vir sy werk in die The Kissing Booth-flieks, as Sybrand. Die bekroonde aktrise Cintaine Schutte is te sien as Jo, Liesl se kollega en die boelie in die kantoor, en Greg Kriek het spesiaal van Amerika gekom om die rol van Merwe te vertolk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ook te sien is Erica Wessels, Albert Maritz, Ira Blanckenberg, Melt Sieberhagen en Daneel van der Walt. Die draaiboek is deur Retief Scholtz en die regisseur is Willem Grobler. Die klankbaan is deur Chad Zerf gekomponeer.

Sybrand Meyer, ’n valerige rekenmeester, en Liesl Tredoux, ’n werkverslaafde prokureur, woon elkeen op hulle eie in Kaapstad. Hy verwerk nog ’n liefdesteleurstelling en sy sal eerder in die kantoor wees as op soek na liefde. Terwyl hulle onderskeie lewens nie ’n straf is nie, is dit nie juis opwindend nie.

Dis Vrydagaand en Liesl se kollega Jo is oortuig dat Liesl nie impulsief genoeg is nie. Liesl stem uiteindelik in om saam met Jo en ’n paar ander uit te gaan.

In ’n ander deel van die stad probeer Sybrand sy ma se pogings om vir hom ’n blind date te reël vryspring en hy bied aan om die motorbestuurder vir sy kollegas te wees. ’n Reeks misverstande laat Liesl en Sybrand by dieselfde tafel beland en in nog ’n kinkel moet hulle Liesl se sleutels begin soek.

Wanneer die horlosie middernag slaan, gaan hulle terug na hulle lewens soos wat dit was. Of dalk nie?

“Ek is mal oor hoe vasberade Liesl is,” sê Ilse-Lee. “Sy het deursettingsvermoë wat skrik vir niks nie. Ek hoop regtig kykers geniet dit. Dis ’n lekker stukkie pret en liefde en moet geniet word met popcorn en sjokolade.”

“Ek glo dat jy soms gekies word om ’n karakter te speel en ander kere kies die karakter jou,” sê Evan. “Die rol van Sybrand het my die geleentheid gegee om deur my eie lewe te gaan en my persoonlike uitkyk op verhoudings en liefde te ondersoek en te bevraagteken. Ek en Sybrand deel eienskappe, maar ons het ook verskille. Met die teks as kompas, kon ek sy lewensverhaal met al sy fiemies en herinneringe skep.”

Is Sybrand vir hom ’n romantiese held?

“Wie hou nou nie van ’n loveable loser nie?,” sê Evan. “Iemand wat nooit die girl op hoërskool gekry het nie, maar op die ou end wen hy almal se harte wanneer hy die uitdaging aanvaar. Sybrand is beslis een van hulle en ek hoop kykers neem hom in hulle harte, net soos al die ander vreemde en wonderlike karakters in Om en om.”

“Die hele fliek is in Kaapstad verfilm,” sê die vervaardiger Jaco Nothnagel. “Ons het onder meer in die ikoniese De Waal-park geskiet en ons is dankbaar vir Iziko Museums wat vir ons toegang tot die planetarium gegee het.”

Hy is vol lof vir die spelers wat die kleiner rolle speel. “Albert en Ira is Romano en Julia, ’n verliefde ouer paartjie wat vir die hoofkarakters wys: wie nie waag nie, wen nie. Melt maak ’n meesterlike kameerolverskyning as Sulky die nar en Daneel is die ontdeunde kroegvrou wat vir die hoofkarakters leidrade op hulle onverwagse aand in Kaapstad gee.”

“’n Skrywer kry nie altyd die geleentheid om ’n romantiese komedie te skryf nie en daarom het ek alles ingegooi,” sê Retief. “Ek wou ’n fliek skryf vir die under dog wat nie altyd liefde vind nie. Hulle wat alleen is, wat seergekry het, maar om te wys dat mens nooit hoop moet verloor nie.”

Hy sê sy obsessie en totale liefde vir Kaapstad het ’n rol gespeel. “Ek is meer van ’n huishen, maar het nog altyd gewonder hoe ’n aand uit in Kaapstad kan lyk, veral wanneer dit by die liefde kom. Ek is baie trots op die eindproduk en hoe alles bymekaar gekom het.”

Om en om se debuut is op 11 Februarie om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Dit sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Nuwe kykNET-reeks verskaf klein dorpie drama & humor

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

60 mins Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

2 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

2 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

2 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

3 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

3 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.