kategorieë: Ontspanning

kykNET se nuwe reeks ‘Straat’: Wat jy moet weet

Straat, kykNET se nuwe dramareeks wat Dinsdag 17 Oktober om 20:00 sy debuut op kykNET (DStv-kanaal 144) maak, is geskryf deur die legendariese draaiboekskrywer Paul C. Venter en spog met ’n ster-rolverdeling. Hier is wat jy moet weet voor die eerste episode begin …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

  • Die aartskelm Anton Videns (Frank Opperman), grootbaas van ’n finansieringsmaatskappy, en sy vennote is diep in die moeilikheid. ’n Fluitjieblaser gaan in die hof teen hulle getuig en hulle sal enigiets doen om dit te keer.
  • Die fluitjieblaser, wat ’n IT-boffin is, woon onder die skuilnaam Robert Muller (Nico Panagio) in Aarbeistraat, ’n voorstedelike cul-de-sac waar hy ook onder getuienisbeskerming is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Carl Kindo

  • Zelda Postma (Amalia Uys) is ’n vlymskerp prokureur wat die taak het om Robert veilig te hou met die hulp van Potifar Vorster (Morné Visser), of Pote soos almal hom noem. Pote is ’n afgetrede polisieman en hy en sy vrou, die verpleegster Lorrie (Marisa Drummond), is benewens Zelda die enigste mense in Aarbeistraat wat weet Robert is onder getuienisbeskerming.

Foto: Carl Kindo

  • Trix Louw (Hélène Truter) is ’n hartseer weduwee en eiendomsagent. Haar seun woon in Kanada en dis net haar honde wat haar enige vreugde verskaf.

Foto: Carl Kindo

  • Hannes Brümmer is Maxwell Smit, die plaaslike apteker wat meer as net pille smous, en hy en sy floskoppie-vrou Retha (Cintaine Schutte) woon naby Jakkie van Tonder (Leandie du Randt) en Hendrikkie Fourie (Arno Meyer). Jakkie, ’n weeskind, het haar eie besigheid wat mense met rekenaarstelsels by die huis help.

Foto: Carl Kindo
Foto: Carl Kindo

  • Nicole Holm is Vinkie Beerwinkel, ’n vrou met ’n oordonderende persoonlikheid wat alles sal doen om ’n sekuriteitsmuur om die hele Aarbeistraat te bou. Deon Coetzee is haar man, die rugbymal Basie, op wie se kop sy vierkantig sit.
  • Wiseman Sithole en Edith Plaatjies is die Makeba’s, Xolani en Nyakallo, en Wilhelm van der Walt is Billy Vogel, ’n glibberige fotograaf wat enigiets sal doen vir geld.
  • Al hierdie karakters, behalwe Anton Videns se vennote (gespeel deur Kate Normington, Josias Moleele en Kiroshan Naidoo), woon in Aarbeistraat.
  • Daar is ’n huurmoordenaar in die reeks wat onder die skuilnaam Siener werk, maar kykers sal self moet uitpluis wie die persoon is. Siener is gebasseer op Siener van Rensburg.
  • Die reeks spreek op humoristiese manier die toestande in Suid-Afrika aan – van voorstedelike paranoia tot mense se vrees vir die onbekende. Hoe goed ken jy werklik jou bure?

Foto: Carl Kindo

  • Die reeks is in en om Kaapstad verfilm en Kevin Smith, Melt Sieberhagen, Mandri Sutherland en Celeste Loots is te sien in van die gasrolle.
  • Die regisseur is Morné du Toit wat onder meer die regisseur was van die speelfilms Vuil wasgoed, Hoofmeisie en Nul is nie niks nie.

KYK: Amptelike voorskou – Straat

Straat begin op 17 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: kykNET stel lokprent van Derick Hougaard se eerste dokkie bekend

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

24 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

54 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.