kategorieë: Ontspanning

kykNET se nuwe Op die Spel

So, jy dink jy kan spel?

Onmiddellik of onmidelik? Komissie of kommissie? Spel jy dit kommitee of komitee? En wat beteken Opskeploer? Of, hoe groter gees, hoe groter bees?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As jy weet onmiddellik en kommissie het dubbel medeklinkers waar dit saak maak en dat komitee kort en bondig is, moet jy jou ore spits, want kykNET se splinternuwe spel-speletjie, Op die Spel, is opsoek na deelnemers! Ja, vir al die wysneuse en slimkinders is daar nou geleentheid om te wys wat in jou steek en jou spelvaardigheid voor die res van die land te toets!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gewilde Gerhard van Huyssteen, aanbieder van Spel-intervarsity op RSG, is die Taalbaas, terwyl Rian van Heerden, die skerpste potlood in enige pakkie, die aanbieder is!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaan na www.beterafrikaans.co.za vir meer inligting en om in te skryf. Boonop kan jy elke dag ’n taalwenk of wat by Beterafrikaans kry, en só selfs dubbel seker maak dat jy reg is vir die groot spel.

Vanjaar is ons taal 90 jaar oud en as dit nie rede is om jou woordeboeke af te stof nie, dan kan jy seker wees Langenhoven gaan by jou kom spook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gerhard is ’n taalkenner van die voorste water en sal aan al die programme deelneem. Hy was betrokke by die eerste speltoetser vir Afrikaans op rekenaar, is geleentheidsdeelnemer aan Tale wat ons Praat op RSG elke Sondag en hy is ’n professor by die Puk – in Afrikaans. Boonop loods hy later vanjaar ook die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VIVA). Viva, Gerhard, viva!

En Rian, wat kan ’n mens sê? Altyd in die moeilikheid maar maak hy die mense té kwaad is daar ook altyd iemand bereid om tot sy redding te kom! Met sy vlymskerp intellek en humorsin, is Rian een van die gewildste aanbieders op radio én TV en vermaak hy Radio Jakaranda se luisteraars met sy sêgoed.

Op die Spel sal van 14 Julie 2015 om 20:00 op KykNET (DStv Kanaal 144) te sien wees.

Om deel te neem, gaan na www.beterafrikaans.co.za en registreer as gebruiker. Klik dan op Op die Spel 2015 en registreer as deelnemer.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

14 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

14 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

15 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

15 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

18 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.