kykNET se Desemberdiewe is 2022 se goedvoel-Kersfliek

Die vollengte fliek word op Saterdag, 17 Desember 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en bevat temas van omgee, vriendskap en mededeelsaamheid wat deur volwassenes en kinders se verskillende perspektiewe van Kersfees verken word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die ondeunde 11-jarige Jó (Judi Hattingh) en haar oorwerkte enkelma, Retha (Roeline Daneel), trek vanaf die stad na ’n klein dorpie vir ’n nuwe begin. Al wat Jó wil hê, is om terug te trek en om ’n selfoon vir Kersfees te kry, maar sy leer van karma en dat goeie dade beloon word. Só kry sy die idee om Kersgeskenke by die ryk kinders te begin steel om aan die weeskinders te gee om aan die heelal te bewys sy verdien beter behandeling. Sy ontmoet vir Lem (Juan-Christoff Smith) en Azul (Blake Pharo) en die aardige klein bende begin planne smee onder die waaksame oog van die plaaslike polisieman, Sersant Kleingeld (Marvin-Lee Beukes). Die fliek is mooi, snaaks en laat ’n mens sommer warm in die hart voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die rolverdeling sluit in bekende gesigte, soos Lida Botha, Roeline Daneel en Marvin-Lee Beukes, maar kykers kan ook uitsien daarna om die oulike gesiggies van die bloedjong toneelspelers Judi Hattingh, Juan-Christoff Smith en Blake Pharo te sien.

Carla Smith het Desemberdiewe geskryf en ook die regie behartig.  “Ek en my lewensmaat, Beer Adriaanse, probeer maandeliks ’n sessie hê waar ons idees rondgooi en gate in mekaar se konsepte skiet,” verduidelik Carla oor hoe die saadjie vir Desemberdiewe geplant is.

“Ons het gekyk na die idee van genre-films en aangesien Kersfees vir my familie baie na aan die hart is, was dit een van ons idees. My oupa en ouma woon in Wolseley en ons hou van kleintyd af Kersfees saam met al die niggies en nefies. Dis van my gunsteling-herinneringe aan my kinderdae: die breë, leë strate, die liggies, die somerson wat tot laat brand en die familie wat op die stoep sit en luister na die gemeenskap se Kerskoor wat van deur na deur beweeg. Ek is mal oor kinders en wou ook wys dat daar baie lekkerder dinge is as om op ’n foon te speel. Daardie kinderkreatiwiteit wat van werklike verveling kom, is een van die redes waarom ek die platteland so lief het.”

Desemberdiewe is grotendeels in McGregor verfilm en Jaco Nothnagel, die vervaardiger, sê dit was ’n lang proses om die drie jong toneelspelers te kry. “Maar hulle is werklik ’n baie spesiale groep kinders,” sê hy.

“Om goed voorbereid te wees en gaaf met almal te kommunikeer is die enigste manier,” sê Carla oor haar aanslag as regisseur. “Om die stel ’n lekker plek vir kinders te maak, is maklik. Hulle het almal van die eerste dag maats geword en toe was die film die laaste ding waaraan hulle gedink het. Die uitdaging was om dit vir hulle pret te maak. Baie energie, grappies en lekkers was die antwoord. Maar ons het die mees professionele, lieflikste kinders ooit gehad en ek het my amper nooit oor hulle bekommer nie.”

Sy beskryf Desemberdiewe as “nostalgiese, stoutgat-samesyn vir die hele gesin.”


Skakel Saterdag 17 Desember 20:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir Desemberdiewe.

Lees ook: ’n Kuierkos-Kersspyskaart

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

1 hour Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.