kategorieë: Ontspanning

kykNET & kie loods nuwe sepie

M-Net het die afgelope paar jaar hulle belegging in plaaslike inhoud stadig maar seker verhoog en vervaardig nou programme in verskeie inheemse tale vir kykers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die opwindende nuwe sepie, Suidooster, bring die talente van top Suid-Afrikaanse sterre bymekaar, terwyl dit ook vir plaaslike akteurs en tegnici ’n waardevolle platform sal bied om hulle talente ten toon te stel. Dit word verwag dat die nuwe sepie ’n bydrae sal maak tot die skepping van meer werksgeleenthede in die televisie- en vermaaklikheidsbedryf in Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

M-Net se direkteur van Afrikaanse kanale, Karen Meiring, het die volgende te sê oor die ontwikkeling van Suidooster:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Binnelanders en Villa Rosa, ons twee mees gewilde kykNET-sepies, speel onderskeidelik in Pretoria en Bloemfontein af – dis nou tyd dat ons ook in die Wes-Kaap ’n sepie kry. Suidooster bied ons hierdie geleentheid, en gaan net nog meer boeiende stories vir ons kykers tot gevolg hê. Al is die Wes-Kaap Suidooster se tuiste, is die storielyne universeel en ons sien uit daarna om dit met Afrikaanse kykers regoor Suid-Afrika te deel,”

Suidooster sal elke Maandag, Dinsdag en Woensdag vanaf 16 November om 20:00 op kykNET & Kie (DStv kanaal 145) uitgesaai word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir meer inligting oor kykNET kanale en programme, besoek www.kykNET.tv. Vir meer inligting oor DStv pakkette gaan asseblief na DStv.com toe.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

5 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

6 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

7 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

9 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.