Dit is vanjaar die 7de jaar wat die Fiëstas aangebied word. Dié toekennings vereer die beste van die beste op die grootste kunstefeeste in Suid-Afrika.
2017 se wenners is
Beste opkomende kunstenaar: Faith Kinniar – Valencia – KKNK
Beste teaterontwerp: Francois Toerien & Kosie Smit – Heidi – KKNK
Lewensbydrae tot musiek: Acáma Fick
Beste vroulike byspeler: Nicole Holm – In Ongenade – Woordfees
Beste manlike byspeler: Dawid Minnaar – Die Huis van Bernarda Alba – KKNK
Beste prestasie in ‘n solo-vertonining: Richard September – Rooivalk – Woordfees
Lewensbydrae tot musikale teater: Alvon Collison
Beste musiekgedrewe produksie (arena): Charl du Plessis – Big Band Boogie Woogie – KKNK
Beste musiekgedrewe produksie (podium): Hunkering na die ses – SOF
Beste musiekgedrewe produksie (teater): Heidi – KKNK
Lewensbydrae as kunste-filantroop: Ton Vosloo
Beste prestasie in klassieke musiek: Corelli & Co. – Stefan Temmigh & Erik Dippenaar – Woordfees
Beste prestasie in visuele kuns: Alex Hamilton – Kurator van visuele kunsprogram – Woordfees
Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie: Nico Scheepers – Rooivalk – Woordfees
Beste regie: Marthinus Basson – Die Gangsters – Woordfees
Beste aktrise: Ilse Klink – Kristalvlakte – SOF
Beste akteur: Stefan Erasmus – As – Woordfees
Gewildste fees: Innibos
Beste aanbieding: Rooivalk – Woordfees
kykNET se Bloustoel-Toekenning gaan aan KKNK vir die Uitkampteater inisiatief.
Die onderskeie feeste het ook erkenning gekry en Innibos is as Gewildste Fees benoem deur ’n publieke stemproses.