Die groot week het uiteindelik aangebreek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Op Donderdag 5 Maart 2015 maak kykNET die wenners van die vyfde Fiëstas tydens ’n glansgeleentheid by Kunstekaap Operahuis in Kaapstad bekend.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die Fiëstas word beskou as die vertoonvenster van Afrikaanse talent waar akteurs, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars vir hul uitnemende werk van die afgelope jaar vereer word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die Fiëstas maak ook van die geleentheid gebruik om kunstenaars vir hul lewensbydrae in diens van die kunste te vereer.
In 2015 vereer die Fiëstas:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lewensbydrae vir Teater: Marius Weyers
Lewensbydrae vir Teater en Woordkuns: Prof. Adam Small
Lewensbydrae vir Teater en Woordkuns: Wilma Stockenström
Lewensbydrae vir Musiek en Woordkuns: Philip de Vos.
Ter viering van die 50ste bestaansjaar van die Fleur du Cap-toekennings word daar ook spesiale vermelding tydens die Fiëstas aan hulle gemaak.
Vir die tweede jaar in ’n ry sal die geleentheid regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, om 20h30 uitgesaai word.
Praat saam: #Fiestas2015 @kykNETtv of op facebook by www.facebook.com/kyknet
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.