Foto’s: Sean Brand
Gisteraand was die kykNET Fiëstas met komediant Schalk Bezuidenhout as seremoniemeester. Hy was darem nie alleen as compère nie en is bygestaan deur Anna-Mart van der Merwe, Cintaine Schutte, Dean John Smith, Vashti Prins en Bennie Fourie. Hierdie spesiale uitsending het optredes deur Francois van Coke, Lynelle Kenned en Hakkiesdraad Hartman ingesluit en daar was ook talle feesuittreksels uit die benoemde werke en teaterproduksies.
Hier is al die wenners:
Beste akteur: Paul du Toit – Melk & Vleis

Paul du Toit is aangewys as beste akteur by die 2018 Fiëstas. Foto deur Sean Brand.
Beste manlike byspeler: Kopano Maroga – Buite Land
Beste aktrise: Tinarie van Wyk Loots – Wild
Beste vroulike byspeler: Tarryn Wyngaard – Liewer
Beste regie: Lara Bye – Die reuk van appels
Beste teaterontwerp: Neil Coppen en Vaughn Sadie – Buite Land
Beste spel in ’n solo-vertoning: Gideon Lombard – Die Reuk van Appels
Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks: Marina Albertyn – Melk & Vleis
Beste opkomende kunstenaar: Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats

Retief Scholtz by die 2018 Fiëstas. Foto: Sean Brand.
Beste prestasie in klassieke musiek: José Dias (klavier) en Janelle Visagie (sopraan) – Pioniers
Beste prestasie in visuele kuns: Henk Serfontein (kunstenaar) – Winterslaap
Beste musiekgedrewe produksie – buitelug: Judith Sephuma
Beste musiekgedrewe produksie – podium: Stef Bos – Bos Innibos
Beste musiekgedrewe produksie – teater: Die Riel van Hip-Hop

Shihaam Domingo het ’n Fiësta ontvang vir Die Riel van Hip Hop. Foto: Sean Brand.
Beste aanbieding: Die reuk van Appels

Die Reuk van Appels-span by die 2018 Fiëstas. Foto: Sean Brand
Beste duo of ensemble: Nêrens, Noord-Kaap

Fiestas 2018 Beste Ensemble: Nêrens Noord Kaap. Foto deur Sean Brand.
Beste vertaling of verwerking van ’n bestaande werk: Die Reuk van Appels, verwerking van Mark Behr se gelyknamige roman deur Johann Smith
Gewildste fees: Aardklop
Lewensbydrae tot teater: Carel Trichardt en Petru Wessels, Simon Bruinders, Trix Pienaar