kategorieë: Ontspanning

kykNET bring hulde aan musieklegendes

Legendes van Afrikaanse Musiek bring hulde aan die reuse van Afrikaanse musiek en word in Maart-maand elke Woensdagaand om 20:30 op kykNET Nou! (DStv kanaal 146) uitgesaai. Daar sal ook herhalings op Vrydagaande om 21:00 wees. kykNET het baie navrae oor die reeks gekry nadat drie van die episodes in Januarie uitgesaai is en het daarom besluit om vir kykers nóg ’n voorsmakie op kykNET NOU! te gee met ’n ekstra vyf episodes. Die programreeks van 24 episodes is oor ’n tydperk (2014 – 2016) deur verskeie vervaardigers vervaardig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In die eerste episode (1 en 3 Maart) word die storie van musieklegende, Min Shaw, vertel. Sy was ’n sangeres van veral ligte Afrikaanse musiek, maar later jare ook van Afrikaanse- sowel as Engelse gospel. Sy het bekendheid met die liedjie Jy is my liefling bereik wat in 1968 ook die temalied van die gelyknamige rolprent, waarin sy teenoor Franz Marx gespeel het, was. Shaw het toekennings ingeryg met drie Sarie-toekennings, twee goue plate, ’n platinum plaat en ’n dubbelplatinum plaat vir die rekordverkope van haar gospel-albums. Sy is ook in 1996 deur die ATKV vereer vir haar bydrae tot die bevordering van ligte Afrikaanse musiek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gé Korsten het geen bekendstelling nodig nie en op 8 Maart sal daar gekyk word na sy lewe en loopbaan, terwyl daar ook gesels sal word met sy gesin en kollegas. Korsten (6 Desember 1927 – 29 September 1999) was ’n Suid-Afrikaanse opera tenoor en akteur wat ’n groot invloed op die Afrikaanse musiekkultuur gehad het. As operasanger het hy meer as 3 000 keer op die verhoog verskyn waar hy 23 rolle in van die grootste operas gesing het. In 1965 begin Korsten sy loopbaan in ligte musiek met sy album Gé Korsten Sing Uit Die Hart en word dit vinnig ’n topverkoper, met ’n loopbaan wat oor 40 jaar gestrek het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Cora Marie is op 3 Januarie 1953 gebore en op die ouderdom van een, na die dood van haar pa, in ’n kinderhuis in Springs geplaas. Sy het egter bo haar omstandighede uitgestyg en neem in 1974 haar eerste enkelsnit, Hasta Manjana, ’n liedjie van ABBA, op. In 1980 het sy sukses met haar album Lang Verlang Kontrei verwerf, waarop haar grootste treffer Gee haar ’n roos verskyn. Cora is op 8 Julie 1994, na ’n 2-jaar lange stryd teen kanker, oorlede.

Ons kan nie anders as om die legendariese Lucas Maree te onthou nie – hy was bekend daarvoor dat hy altyd meer gegee as ontvang het. Maree het vir die grootste gedeelte van sy loopbaan Engelse musiek in kroeë en restaurante in en om Pretoria en Johannesburg gesing. Hy het eers in 1981 in Afrikaans begin skryf, nadat hy ’n draai by ’n Jannie du Toit-konsert gemaak het. Hy het menige albums vrygestel en het behoorlik in die harte van Suid-Afrikaners gekruip met sy lekker saamsing liedjies. Maree is in 2010 met kanker gediagnoseer en op 18 Februarie 2011 is hy op die ouderdom van 58 jaar aan dié siekte oorlede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Anneli van Rooyen. Sedert die eerste klanke van Seemeeu en Ek kan dit nie keer van die Neem my saam-plaat in 1980 oor die radiogolwe gehoor is, het harte regoor die land vir haar oopgegaan, en deur al die jare sedertdien, oopgebly. Annelie ly al jare lank aan a-tipiese trigeminusneuralgie, ’n brandpyn in ’n senuwee aan die regterkant van haar gesig. Sy het in die vroeë 2000’s van die toneel verdwyn, maar in 2015 het sy besluit dit is tyd om terug te keer. Met haar jongste CD, Nogtans Sal Ek Sing, slaag sy daarin om die stilte van nege jaar se kontstante pyn in afsondering, te oorkom. ’n Triomf vir die uithouvermoë van die menslike gees.

Die skedule vir die episodes lyk as volg:

• 1 & 3 Maart:  Min Shaw
• 8 & 10 Maart:  Gé Korsten
• 15 & 17 Maart:  Cora Marie
• 22 & 24 Maart:  Lucas Maree
• 29 & 31 Maart:  Anneli van Rooyen

Legendes van Afrikaanse Musiek sal Woensdagaande om 20:30 op kykNET Nou! (DStv kanaal 146) uitgesaai word met herhalings Vrydagaande om 21:00.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

4 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

10 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

11 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.