kategorieë: Ons menseBekendes

Kykie in my lewe: Randall Wicomb

*Hierdie artikel het in die November 2013-uitgawe van rooi rose verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe het jy op die idee vir jou nuwe CD Êrens is jy (getoonsette liefdesgedigte van Afrikaanse digters) gekom?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op ’n jolytdag by Huis Horison, ’n skool vir gestremde leerlinge op Stellenbosch, het Senior Verseboek van D.J. Opperman my aandag getrek. Toe ek die boek optel, het dit vanself by “Winternag” deur Eugène Marais oopgeval. Ek bedryf my lewe intuïtief, en het dadelik geweet ek moet die gedig toonset. Die reël “soos die lied van ’n meisie / in haar liefde verlaat” het my op die liefdestema laat besluit!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Watter gedigte op die CD is jou gunstelinge?

Die 13 gedigte is soos 13 van jou eie kinders! Vir almal is jy ewe lief. Maar as ek tog doodeerlik moet wees, is daar twee oogappels: “Winternag” en G. A. Watermeyer se “Ballade op die dronkparty”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy sing ’n duet (“Kom vannag in my drome” deur N.P. van Wyk Louw) saam met jou dogter Koba. Maar al die ondersteunende sang word deur verskeie Wicombs gedoen. Almal jou kinders?

Ek het besluit om die hele familie te betrek. Eendag as ek nie meer daar is nie, kan die kinders aan hul kinders vertel dat hulle ook op die album ’n bydrae gemaak het. En natuurlik is die hele spul uiters musikaal.

Soms laat die Afrikaans op CD’s ’n mens werklik gril. Dis ’n vars bries om sulke goeie Afrikaans in die teks te lees.

Die taal is foutloos, want die versorging in die boekie is deur die Buro van die WAT, dr. F. J. Lombard en mev. A. E. Cloete gedoen. En prof. Lina Spies het finaal deur die teks gegaan.

Saam met watter ikon sou jy graag ’n koppie koffie wou drink?

Ek bewonder Nicole Kidman en Meryl Streep. Dis ’n droom om koffie saam met hulle te geniet.

Waar is jou hartland?

My hartland is die Wes-Kaap, een van die mooiste plekke in die wêreld. Maar ek is ewe lief vir Swakopmund. Ek is versot op Namibië.

As ’n mens aan jou lyf moet oordeel, bring jy baie tyd in die gim deur …

Ek is vier maal per week in die gimnasium. Oefening het my van aangebore asma genees. Volgens die medici sou ek 12 jaar oud word, maksimum 15! Tans is ek vir 16 weke ’n “proefkonyn” by die US se biokinetikasentrum.

Is daar ’n nuwe vrou in jou lewe?

Die Skepper se mooiste skepping is Die Vrou. Wens soms die wêreld se bevolking was net vroue … en ek die enigste man!

Met watter motor ry jy?

Ek het ’n voorliefde vir antieke motors. Ek woon op ’n plaas waar karre daagliks gerestoureer word! My spesiale vervoer is ’n 380SE Mercedes, nommerplaat: CL 7 WP.

Stokperdjies?

Versorg my bonsai-boompies nou al jare lank. Die skep van ’n dwerg-boompie is ’n wonderwerk. Tweedens: my kopersmederye bied ’n geleentheid om die wonderlike metaal, koper, tot die mooiste lampe te omvorm. Beligting is my forte… kers, lampolie of elektrisiteit.

Bestes

Jeugherinnering? My biografie deur dr. Amos van der Merwe verskyn binnekort en sal my uiters wanfunksionele kinderjare toelig … geen wonderlike herinneringe nie.
Besitting? Die polshorlosie wat my ma vir my gegee het, my waardevolle nekhangers, asook my blou kitaar! En dan natuurlik my antieke asmapompie … wat my laat onthou hoe geseënd ek is!
Fliek onlangs gesien? The best exotic Marigold Hotel.
Boek onlangs deurgelees? Anita Moorjani: Dying to be Me.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Oscars-trend: Skitterende neutrale

Foto's: Getty Images     Die Oscar-toekennings is die grootste aand op die Hollywood-kalender, en…

21 hours Gelede

Neem jou fiksheid na die volgende vlak: 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak

Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen:    Oefen…

4 days Gelede

Viva Italia!-potjie

Genoeg vir 6     Bestanddele   60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie sout…

4 days Gelede

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…

4 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.