kategorieë: Ons menseBekendes

‘Kyk wie praat’: De Klerk en sy klitse keer terug na kykNET!

Berei jouself voor vir ’n lekkerlag-saamkuiersessie tydens die vierde seisoen van kykNET se vermaaklike Kyk wie praat-vasvraprogram.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gewilde akteur en programaanbieder, De Klerk Oelofse, noem die jong deelnemers aan die program klitse – en ’n meer gepaste woord vir dié deelnemers kan daar nie wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Eintlik is hulle meer soos klitsgras op ’n wolkombers . . . op die beste moontlike manier. En weet maar vooraf, die uitgesprokenheid gepaardgaande met daardie spesiale kinderlike onskuld, gaan baie diep in jou hart inkruip.

“Ek dink die magic van die program lê vasgevang in die onskuldigheid daarvan. Klein mensies ervaar die lewe net soos ons, maar die onskuld en eerlikheid waarmee hulle dit kan verwoord is skreeusnaaks en soms hartroerend waar,” is hoe De Klerk die reeks opsom. Hy was natuurlik van die eerste reeks af die fasiliteerder van die reeks.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Net soos met die vorige reekse, gaan De Klerk se bekkige klitse, almal tussen die ses en nege jaar oud, vier grootmense behoorlik op hulle tone hou. Dit is wel ’n vasvraprogram, maar dis een met ’n kinkel.

De Klerk rig vrae aan die kinders en daarna moet die volwasse deelnemers raai wat watter een van dié wysneuse met die antwoorde na vore gekom het.

Ronde na ronde word die ouer en gryser (maar nie noodwendig wyser) deelnemers uitgeskakel tot net een oorbly. Daardie deelnemer kan ’n kontantprys van tot R30 000 in die sak steek.

Dis nie al nie. Daar is ook ’n boerpotprys van R100,000 vir die reekswenner op die spel!

De Klerk belowe dat hierdie seisoen van Kyk wie praat, wat op die Britse reeks Small Talk gebaseer is, weer ’n hele paar snaakse oomblikke gaan oplewer.

Vir De Klerk, wat ook deel van die vervaardigingspan is, is daardie eerlikheid van kinders goud werd.

“Deur die wêreld deur die oë van klein mensies te sien, kry volwassenes ’n beter en vars perspektief op die lewe.”

Daar was meer as 500 kinders wat ingeskryf het om deel van 2025 se klas te kon wees. Inskrywings is landwyd vanuit Tzaneen in die Limpopo tot Stella en Dispatch in die Oos-Kaap ontvang.

Die produksiespan het reeds vanaf 25 September bontgestaan met oudisies en dit het vyf weke geneem voordat daar op die finale groepie van 61 klitse besluit is.

“Ek hou glad nie van oud word nie. Om met die klitse te werk herinner my om nie alles so ernstig op te neem nie, om nooit op te hou speel nie en om weer met onskuldige oë na die wêreld te kyk,” sê De Klerk, medevervaardiger van die reeks. Dit is iets wat hom baie opgewonde maak, asook sy rol as aanbieder van hierdie prettige klaskamer-vasvra.

Vir die kykers gaan daar ’n paar bekende gesiggies opduik want 10 van die 61 deelnemers aan die vierde seisoen het verlede jaar ook aan die reeks deelgeneem.

El Wolf (inhoudsvervaardiger en deelnemer-koördineerder), Katinka en Caylee-Joy. Agter: vlnr: Kieran en De Klerk Oelofse.  (Foto: Verskaf)

Bekende gesiggies

  • Wie kan nou vir Jean-Jacques vergeet? Hy’s die klits wat gereeld in die skoolhoof se kantoor beland, en dis nie om die hoof soggens te groet nie . . .
  • Sy hou glad nie van Crocs nie, maar Petronella droom daarvan om ’n kelner te word.
  • Liewe Jesus het nog steeds blyplek in een van die kamers van Liran se hart.
  • Lily se aansteeklike giggel, en haar boet Jude, het reeds in die vorige seisoen baie harte verower.
  • Vanuit Brackenfell het Lalia die deelnemers beïndruk as ’n slimkop.
  • Kykers sal beslis vir Peighton onthou. Haar denkbeeldige vriend, Bob, sit nog gereeld saam aan die eettafel en haar ma maak seker dat daar ’n plekkie vir hom gedek is.
  • Diereliefhebber Wihann se hond (Max) en kat (Stewie) is beslis die twee wat hom baie na aan die hart lê.
  • Cassidy is slaggereed met peperduur trouplanne wat enige man se sak deeglik gaan skud, veral dié van haar bekommerde pa.
  • Volgens Sadie het Jesus eers sebras wit geverf en toe later die swart strepe bygesit.
  • Daar is ook ’n jong vegetariër onder groep – dis natuurlik Ansolei.

Nog ’n kinkel

Wat hierdie reeks ook opwindend maak, is dat drie van die vorige seisoen se deelnemers vanjaar kom help het met vrae uitdink vir die nuwe span klitse.  Katinka, Kieran en Caylee-Joy is nou ouer as nege wat beteken hulle is te oud om aan die reeks deel te neem.

Kieran, Katinka en Caylee-Joy. (Foto: Verskaf)

Kyk wie praat begin op Woensdag 5 Februarie 2025 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai of stroom op DStv Stream.

Lees ook: Maak gereed vir Tertius en Tracy se ‘Binnelanders’-bruilof!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die groot gemis: Hier’s wat jy moet weet as jy sukkel om swanger te raak

Deur Christa Swanepoel Dis ’n diep hartseer wat menige vrou ervaar. Elke maand, vir twee…

5 hours Gelede

Korslose hamquiches

Hierdie korslose hamquiches smaak heerlik én is laekoolhidraat!

7 hours Gelede

Jou somer-opknapgids vir jou tuin

Hier is ’n paar doeltreffende idees om plante gesond, mooi en goed gestruktureer te laat…

23 hours Gelede

Hou vlieë uit jou huis! Hier’s 10 afskrikmiddels wat jy self kan maak

Die vlieg is seker een van die mees onwelkome kuiergaste. In Suid-Afrikaners word vliegplae deur…

1 day Gelede

Bo-Kaap se bobaas-kok André Hill deel sy gunsteling-resep vir Valentynsdag

Aan die stuur van die Radisson RED Waterfront se opwindende kulinêre toneel is Uitvoerende Sjef…

1 day Gelede

15 dinge wat jou help om op versekering te spaar

Moenie te veel geld bestee op versekering nie! Hier is 15 dinge wat jou help…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.