Kokkedoortjie, waar tien jong deelnemers hul kookvaardighede op die proef stel, begin op Woensdag, 5 April 2017 op kykNET om 20:00. Die deelnemers se ouderdomme wissel tussen 10 en 14 en hulle kom van regoor Suid-Afrika.
kykNET en die vervaardigers, Homebrew Films, kan nou uiteindelik die name van die tien deelnemers, wat uit honderde inskrywings gekies is, bekend maak. Oudisies is reeds in Augustus 2016 regoor Suid-Afrika gehou en na ’n keuringsproses is die top-tien gekies. Die deelnemers is:
- Mikael Morkel, 10, van Centurion
- Thali Hugo, 11, van Wellington
- Jarique Eilers, 12, van Daniëlskuil
- Klaredy van Wyk, 11, van Hartbeespoort
- Ian Grobler, 13, van George
- Christian Cloete, 11, van Raithby
- Dean Barnard, 12, van Kempton Park
- Christi Myburgh, 14, van Bloemfontein
- Edwin Theron, 12, van Worcester
- Mia Grobler, 13, van Lynnwood
Die beoordelaars van Kokkedoortjie is Nic van Wyk en Mari-Louis Guy, wat onderskeidelik ook in Kokkedoor en Koekedoor oor deelnemers se lot help besluit het.
Lees ook: Tannie Poppie se broodpannekoek (ons manier)