KYK: SA wen goud met pragtige blommevertoning by Chelsea-blommeskou in Londen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Suid-Afrikaanse tuinboukundige en blommekunstenaar Leon Kluge en kunstenaar Tristan Woudberg het saam met ‘n groep vrywilligers die land se 38ste goue medalje verwerf by die wêreldbekende Chelsea-blommeskou wat Sondag deur die Royal Horticultural Society aangebied is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die bekroonde uitstalling het Suid-Afrikaanse geskiedenis gemaak deur beide “Beste Nuwe Ontwerp” en “Beste in die Groot Paviljoen” te wen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit word as een van die mees uitstaande uitstallings in die geskiedenis binne die Groot Paviljoen beskryf, en is geïnspireer deur “die windverwaaide hange van die Kaapse berge,” sê Kluge, wat voorheen vir Suid-Afrika twee goue medaljes by die Chelsea-blommeskou in 2018 en 2019 gewen het. Die veelbekroonde blommekunswerk het gebruik gemaak van 22 000 stingels, gerangskik om ‘n betowerende simfonie van fynbosblomme te vorm, saggies omraam deur aardse kleibeelde.

Veelvuldige flora uit die Kaapse koninkryk is by die uitstalling ingesluit, van die streek se fynbos tot strandveldbolle langs die kuslyne, asook skaars basters en blomme wat nie gereeld gesien word nie, soos die Protea ‘Sneeuluiperd. ‘

Tristan Woudberg, die Franschhoek-gebaseerde kunstenaar wat saam met Kluge aan die uitstalling gewerk het, beskryf die gebarste kleibeelde wat die blomme omraam as grense wat die skeiding van die Kaapse koninkryk se biome verteenwoordig, wat elkeen aanleiding gee tot unieke flora.

“Die beeldhouwerke neem die rol van bergreekse aan, en verdeel en isoleer die verskillende biome van die Kaap wat mettertyd tot ons unieke flora aanleiding gegee het. Die natuurlike krake wat deur die klei verskaf word, herinner aan die kontrasterende nat en droë seisoene van die fynbosbioom sowel as die broosheid van hierdie ekosisteme. Die negatiewe ruimtes in hierdie rotsplate dien as vensters, wat nuwe uitsigte skep om te verken terwyl jy in die uitstalling rondbeweeg,” vertel Tristan.

Vanjaar was die eerste keer in vier jaar wat Suid-Afrika aan die Chelsea-blommeskou deelgeneem het. Ondersteuning van ‘n span wat deur die private sektor gelei word, het verseker dat Suid-Afrika se flora vanjaar weer by die wêreld se voorste blommeskou verteenwoordig is.

Leon Kluge het saam met Keith Kirsten, bewaringskundige Michael Lutzeyer, en Marinda Nel gewerk om Suid-Afrika se terugkeer te verwesenlik. Bydraes van die Rupert Natuurstigting sowel as Grootbos Privaat natuurreservaat tesame met talle bydraes van die private sektor het die finansiële ondersteuning verskaf wat nodig was om die uitstalling in Londen te skep.

Leon Kluge en Tristan Woudberg (Foto: Sven Musica)

Kluge het op Instagram beeldmateriaal van die span wat Suid-Afrika se blomme-goud in Londen vier gedeel, en geskryf:

“So trots op my span wat verskeie toekennings by die Chelsea-blommeskou gewen het.”

“Om hierdie vertoning te sien, en almal wat die werk wat ons hier gedoen het, bewonder, is so aangrypend. Dit is uniek, ons het geskiedenis gemaak, dit is ongelooflik,” het ‘n lid van span SA gesê.

Hierdie artikel is oorspronklik op ons suster-tydskrif, woman & home se webtuiste gepubliseer.

Lees ook: Maak tuin met min geld en min moeite

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

4 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

7 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

8 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.