kategorieë: Ons menseBekendes

“Kyk Pa, geen hande!”

Die hartebreker:

Die Amerikaanse akteur en model Josh Duhamel is enige vrou se droomman. Behalwe vir die feit dat hy ’n oog vir mode, ’n liefde vir sport en ’n pragtige glimlag het, is hy ook baie goed met kinders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier is hy en sy seun Axl saam op stel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is Axl, Josh en vroulief Fergie. Hulle lyk te oulik in hulle Halloween-uitrustings:

Die man met die groot hamer

Hy is bekend vir sy rol as Thor in The Avengers, en almal is behep met sy reuse spiere, blonde hare en stoutseun-glimlag. Weet jy al wie? Natuurlik! Ons almal weet dat Chris Hemsworth baie lief is vir diere, maar ons kan sien dat hy beslis liewer is vir sy twee seuntjies. Hy is gelukkig getrou met Elsa Patansky.

Chris het hierdie foto op Instagram gedeel en geskryf: “Die prentjie sê ’n duisend woorde.”

“Ons is baie lief vir Pappa se drukkies!”

Die soliede stuk spier

The Rock is wel ’n reus, maar hy is beslis ’n reus met ’n baie groot hart! Dwayne Johnson en sy dogtertjie het heerlik saam by die huis gewerk:

Te oulik vir woorde:

Die droomman met die sokkertalent

Jy het reg geraai! Dit is David Beckham van wie ons praat. David en Victoria Beckham is al 17 jaar gelukkig getroud en hulle het drie pragtige seuns en die skattigste dogtertjie. David is nie bang om sy liefde vir sy kinders met die wêreld te deel nie:

Hier lê hy en dogtertjie Harper ’n bietjie in die son:

David het hierdie foto op Instagram gedeel om sy seun (Romeo)  geluk te wens met sy 13de verjaarsdag:

Die man met die goue stem

Die All of Me-sanger John Legend is mal oor sy dogtertjie Luna. Hy deel gereeld foto’s van haar op sy sosiale media.

Hier is hulle heerlik saam op vakansie:

Kyk Pa, geen hande!

Die man met die lyf, die danspassies en die ysblou oë

Die Magic Mike en The Vow-ster Channing Tatum is absoluut mal oor sy dogtertjie.

Ag my moeder, kyk net die sterte:

Hier staar hy droomverlore na sy dogtertjie – dis sy eerste Vadersdag saam met haar:

Die pop-ikoon met die beste danspassies

Usher is bekend vir sy smooth moves en sy goeie styl. Maar hierdie komkommerkoel ou is vreeslik lief is vir sy kinders.

Hier is hy saam met sy seuntjie. Hy het by die foto geskryf “Wat ek wel weet is … Skyfies maak my gunsteling-agtjarige in die wêreld baie gelukkig! Veels geluk my prins Naviyd.”

Hier word hy ’n bietjie bederf om Vadersdag te vier:

Die man met die vele talente

Liev Schreiber is onder meer ’n akteur, regisseur, draaiboekskrywer en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rol as Ray Donovan in die reeks Ray Donovan. Hy het hope talent, maar hoekom is ons mal oor hom? Die antwoord is eenvoudig: Omdat hy ’n baie goeie pa is!

Hier maak hy en sy seun Sash reg vir die Emmys:

Hier kuier hy en sy seuns in Central Park vir Vadersdag:

Veelsydige Justin

Die Drink You Away sanger Justin Timberlake is nie net vreeslik mooi om na te kyk nie, maar ook ’n vreeslik oulike pa. Hy, sy vrou Jessica Biel en hulle seuntjie het te lekker saam Halloween gevier:

Hoe het hy sy Vadersdag spandeer? Wel, kyk self:

Die spicey Mexikaan

Die Quantico ster Aaron Diaz is vreeslik mooi om na te kyk, maar ons geniet dit meer om na hom en sy kroos te kyk.

’n Luilekker-middag in die son:

Hier is hy en sy dogtertjies op ’n uitstappie na Disney World:

Die man met die spoed, ratsheid en goeie vaardighede

Stephan Amell, bekend vir sy rol in die baie gewilde aksie-misdaad reeks Arrow, maak beslis enige vrou se knieë lam. Hy is slim, sterk snaaks en ’n baie oulike pa.

“Kom ons gaan vir ’n middagstappie!”

Ag, kyk hoe fraai!

Die rugbyspeler

Jonathan Thurston is ’n Australiese rugbyspeler en kaptein van die North Queensland Cowboys. Daar word gereeld na hom verwys as een van die beste spelers van sy tyd, maar hy is beslis ook een van die beste pa’s.

Hier loop hy en sy dogtertjies na ’n wedstryd oor die veld:

Wat ’n pragtige pa en dogter oomblik:

Die man met die Colgate-glimlag

Bobby van Jaarsveld is ’n man van vele talente. Die sanger, akteur en realiteitster is bekend vir sy liefde vir sy kinders.

Pa se meisiekind, Armani:

Dis vakansie:

Die rugbyreus

Dit is ’n feit dat die springbokspeler Duane Vermeulen vreeslik baie soos Chris Hemsworth se boetie lyk. Alhoewel hulle nie familie is nie, het hulle een ding in gemeen: hulle is albei mal oor hulle seuntjies!

’n Dag saam met Pa langs die veld:

Soos pa, soos seun:

Die rocker pa

Francois van Coke is bekend vir sy growwe stem en rock-liedjies. So loud en rof soos wat hy op die verhoog is, so sag en vol liefde is hy teenoor sy kleinding. Kyk net hoe fraai!

Lekker tye:

Pa se soene is die lekkerste soene:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.