Natasha Joubert deel foto’s van sprokiestroue!
Foto’s: Instagram/ Natasha Joubert / Bahama Burgundy Photography
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Klink ‘n glasie op meneer en mevrou Vermaak!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die pragtige Natasha Joubert en haar hoërskoolliefde, Enrico Vermaak, het op Sondag, 16 Maart, afgehaak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }En ná dae van afwagting het die voormalige Mejuffrou Suid-Afrika uiteindelik foto’s en ’n pragtige video van hulle sjiek sprokiestroue gedeel.
Die swierige seremonie het in die Kaapse Wynlande by die luukse Cavalli-landgoed plaasgevind.
Natasha, wat die eerste Mej. SA was wat tydens haar termyn verloof geraak het, het Woensdagaand ‘n kort video van die groot dag op sosiale media gedeel.
In die video kry kykers ‘n vinnige blik op haar drie glansryke trourokke, almal ontwerp deur Jolache Couture, en ‘n asemrowende onthaal wat soos iets uit ‘n sprokie lyk. Pragtige wit blommerangskikkings en kandelare het die venue versier, terwyl lang tafels met sagte kerslig ’n intieme, romantiese atmosfeer geskep het. Verder sien ons hoe die skoonheidskoningin met haar manlief dans, ’n sjampanjetoring geniet en hul indrukwekkende seslaag-troukoek sny.
Die paartjie se liefdesverhaal het in hul hoërskooldae by Hoërskool Eldoraigne in Pretoria begin. Enrico, ‘n projekbestuurder, het in Februarie verlede jaar Natasha op ‘n seiljag in Kaapstad verras waar hy haar die groot vraag gevra het.
Op die oggend van haar troudag het Natasha haar opgewondenheid met haar Instragram-volgelinge gedeel deur te skryf: “Ek kan nie wag om jou vandag my man te noem nie,” terwyl Enrico met sy eie romantiese boodskap gereageer het: “Vandag trou ek met my beste vriend, my grootste liefde en my vir altyd.”
Lees ook: Margaret oor selfvertroue en snedige kommentaar: ‘Ek’s benoud vir wat mense oor my gaan skryf’
Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Hans van Veen Die 29ste KKNK, geborg…
Die brug is amper hier! Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…
Deur Maretha Botes In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…
Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…
Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak
Hierdie webwerf gebruik koekies.