Foto’s: Instagram/ Natasha Joubert
Klink ‘n glasie op meneer en mevrou Vermaak!
Die pragtige Natasha Joubert en haar hoërskoolliefde, Enrico Vermaak, het op Sondag, 16 Maart, afgehaak.
En ná dae van afwagting het die voormalige Mejuffrou Suid-Afrika uiteindelik foto’s en ’n pragtige video van hulle sjiek sprokiestroue gedeel.
Die stylvolle seremonie het in die Kaapse Wynlande by die luukse Cavalli Estate plaasgevind.
Natasha, wat die eerste Mej. SA was wat tydens haar termyn verloof geraak het, het Woensdagaand ‘n kort video van die groot dag op sosiale media gedeel.
In die video kry kykers ‘n vinnige blik op haar drie glansryke trourokke, almal ontwerp deur Jolache Couture, en ‘n asemrowende onthaal wat soos iets uit ‘n sprokie lyk. Pragtige wit blommerangskikkings en kandelare het die venue versier, terwyl lang tafels met sagte kerslig ’n intieme, romantiese atmosfeer geskep het. Verder sien ons hoe die skoonheidskoningin met haar manlief dans, ’n sjampanjetoring geniet en hul indrukwekkende seslaag-troukoek sny.
KYK | Natasha en Enrico se stylvolle sprokiestroue
View this post on Instagram
Die paartjie se liefdesverhaal het in hul hoërskooldae by Hoërskool Eldoraigne in Pretoria begin. Enrico, ‘n projekbestuurder, het in Februarie verlede jaar Natasha op ‘n seiljag in Kaapstad verras waar hy haar die groot vraag gevra het.
Op die oggend van haar troudag het Natasha haar opgewondenheid met haar Instragram-volgelinge gedeel deur te skryf: “Ek kan nie wag om jou vandag my man te noem nie,” terwyl Enrico met sy eie romantiese boodskap gereageer het: “Vandag trou ek met my beste vriend, my grootste liefde en my vir altyd.”
View this post on Instagram
Lees ook: Margaret oor selfvertroue en snedige kommentaar: ‘Ek’s benoud vir wat mense oor my gaan skryf’