kategorieë: DieetGesondheid

Kyk mooi na jou ooggesondheid – Mnr SA-finalis skei die feite van fiksie

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons oë is kosbare organe wat ‘n belangrike rol speel in hoe ons die wêreld ervaar en daarmee in wisselwerking tree. Dit is geen wonder dat daar talle wanopvattings oor ooggesondheid is nie. Die oogkundige, sakeman en Mnr. SA Top 10-finalis, Tiaan Massyn, het ons gehelp om tussen die feite en mites ten opsigte van ooggesondheid te onderskei, sodat ons beter vir ons visie kan sorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tiaan bestuur suksesvolle oogkundige praktyke in Pretoria en die Kaap en as oogkundige het hy eerstehandse ervaring van die impak van swak sig en ooggesondheid op mense se lewensgehalte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Om gesonde oë te kan hê en goed te kan sien is sekerlik een van die grootste geskenke wat ’n mens kan ontvang. Dit is egter iets wat baie van ons as vanselfsprekend aanvaar.”

Die 29-jarige meen die toename in jongmense met swak sig is skrikwekkend. “Ons lewe in ’n digitale wêreld waar kinders op ’n jong ouderdom reeds aan skerms blootgestel word. As gevolg hiervan is daar die afgelope paar jaar ’n reusetoename in miopie (bysiendheid),” verduidelik hy.

Nog ’n kwessie wat mense nie sommer met ooggesondheid assosieer nie, is diabetes. Volgens Tiaan kan dié siekte na diabetiese retinopatie lei, wat katastrofiese gevolge vir lyers se visie kan inhou. Dus moedig hy mense aan om nie net op hul eie visie te fokus nie, maar ook op die sig van die mense om hulle te let.

Hy sien die Mnr. SA-kompetisie as uiters betekenisvol en as ‘n geleentheid om ander te help. “Dit is natuurlik vreeslik lekker, maar ook baie uitdagend. Dit bou karakter, help jou groei, en laat jou ook baie van jouself leer.”

Wat sê Tiaan oor van die mees algemene aannames oor ooggesondheid?

  • Om in swak lig te lees, is skadelik vir jou oë.

Waar. Om in swak of dowee lig te lees, kan jou oë belas en ongemak of oogstremming veroorsaak.

  • Jy kan jou visie met oogoefeninge verbeter.

Waar. Oogoefeninge kan help om sekere aspekte van jou sig te verbeter, soos fokus en koördinasie, maar hulle kan nie die onderliggende oorsake van toestande soos naby- of bysiendheid korrigeer nie. Visieverbetering deur oefeninge is beperk. Oogoefeninge het wel groot voordele as dit kom by kinders met akkomodasie probleme.

  • Om vir skerms te kyk is skadelik vir jou oë en daarom moet jy ‘n bril dra wat blou lig blok.

Waar. Langdurige blootstelling aan ‘n rekenaarskerm kan digitale oogmoegheid veroorsaak. Blou lig van skerms kan bydra tot oë-moegheid en kan jou slaappatrone ontwrig. Studies wys dat lense wat blou lig blok hierdie effek kan help verminder, maar die bewyse van hul effektiwiteit om oor die langtermyn skade te voorkom, word nog bevraagteken.

  • Om naby aan die TV te sit, kan jou oë beskadig.

Waar. Om baie naby aan ‘n televisie te sit, kan jou oë belas en ongemak veroorsaak. Dit word aanbeveel om ‘n gepaste kykafstand te handhaaf om oë-moegheid te voorkom.

  • ’n Oogondersoek is slegs nodig as jy probleme het.

Vals. Gereelde oogondersoeke is noodsaaklik. Optometriste gebruik gevorderde tegnologie in die praktyk om na ‘n persoon se totale ooggesondheid te kyk en gevolglik oogsiektes te voorkom wat dalk nog nie simptome wys nie. Dit is ook baie belangrik vir pasiënte om gereelde oogtoetse te doen as hulle familie geskiedenis siektes soos glaukoom of diabetes insluit..

Dit is noodsaaklik om feite van fiksie te skei wanneer dit by ooggesondheid kom. Onthou om ‘n gebalanseerde dieet te handhaaf, gereeld ‘n breek van skerms te neem en professionele hulp te soek wanneer jy sigprobleme ervaar.

Tiaan moedig mense aan ’n draai by hul oogkundige te maak. “Om te kan sien is ’n ongelooflike gawe van God. Ons oë vereis egter sorg en aandag. Met die regte behandeling en voorsorg kan baie sigprobleme voorkom word,” sluit hy af.

Stem gerus hier vir Tiaan vir Mnr. Suid-Afrika.

Lees ook: Hoe om dubbelwaarde uit jou oogtoets te kry

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

4 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

5 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

7 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.