kategorieë: Ons menseBekendes

KYK: Mia le Roux se mooiste uitrustings by Mej. Heelal +hoe om vir haar te stem!

Foto’s: Instagram / @mialerouxxx

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het 27 Oktober amptelik na Mexiko vertrek om op 16 November aan die 73ste Mej. Heelal-kompetisie deel te neem. Sy is een van 130 vroue van regoor die wêreld wat om die kroon meeding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: FOTO’S: Hoe rooier, hoe mooier! Mia vertrek na Mexiko vir Mej. Heelal

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mia maak geskiedenis as die eerste dowe deelnemer ooit om Suid-Afrika by die kompetisie te verteenwoordig, en is op ‘n missie om die land se diversiteit ten toon te stel en inklusiwiteit op die globale verhoog te bevorder.

Sedert haar aankoms in Mexiko Stad, het die 28-jarige skoonheid ons met ‘n paar pragtige uitrustings betower. Ons kan nie wag om te sien hoe haar nasionale kostuum en haar uitrusting vir die finale ronde lyk nie!

Kyk na ‘n paar van Mia se mooiste uitrustings gedrurende haar tyd in Mexiko:

Hoe om vir jou gunsteling-Mej. Heelal semi-finalis te stem:

Die 73ste Mej. Heelal-kompetisie het die publiek aangemoedig om betrokke te raak en vir hul gunstelingkandidaat in die halfeindronde te stem sodat sy onder andere na die eindronde en beste kostuumkompetisie kan deurdring.

Tans het die kompetisie stemme vir die jaar se semifinaliste oopgemaak. Stemme word gemaak via Choicely, en begin by ‘n minimum van $1 vir drie stemme. Vind die stembladsy hier.

Volgens die Mej. Heelal-organisasie is die stemme wêreldwyd oop vir enige iemand 14 of ouer.

Die Mej. Heelal-kompetisie se finaal sal op Sondag, 17 November om 04:00 op SABC 3 uitgesaai word en sal om 20:00 herhaal word.

Lees ook: Margaret Gardiner pas aangekondig as Mej. Heelal-beoordelaar

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

7 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

8 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

11 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

15 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.