kategorieë: Ons menseBekendes

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en vervaardiger, het hierdie week ’n belangrike mylpaal bereik toe sy haar 40ste verjaardag by die skilderagtige Lanzerac-wynlandgoed op Stellenbosch gevier het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Omring deur haar nearest and dearest, het die dag alles ingesluit wat vir haar belangrik is – haar geliefdes, simboliek en die mooi van die lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy vertel sy is versot daarop om ouer te word en is kinderlik opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk in haar lewe.

“As my dertigerjare so lekker was, kan ek nie wag vir my veertigerjare nie. My dertigs was alles waarvan drome gemaak word. In die laaste dekade het ons Kaap toe getrek, ek het ’n ma geword – iets waaroor ek my hele lewe lank gedroom het – ek het met my beste vriend getrou, en saam het ons opwindende en interessante projekte aangepak. Ek is ewig dankbaar.”

Haar verjaardagvieringe was gevul met betekenisvolle oomblikke, wat Donnalee se diep gevoel van sentimentaliteit weerspieël.

“Ek het ’n onbeskryflik sentimentele hart en dus beteken simboliek vir my baie. Ek wou hê my 40ste verjaardag moet alles verteenwoordig wat vir my spesiaal is. Familie is vir my alles; dis die belangrikste deel van my lewe. Dit is my grondslag; my hart, siel, my kern, en die rede waarom ek elke oggend opstaan en so hard werk.”

Volgens Donnalee voel die span by Lanzerac-wynlandgoed soos familie en daar was geen twyfel dat dit dié spesiale plek is waar sy haar verjaardag wil deurbring nie.

“Van ons mooiste herinneringe in die Kaap is daar gemaak. Die eerste keer wat ons daar was, was ek swanger met ons oudste seun, Cameron, en oor die afgelope vyf jaar het ons voortgegaan om pragtige herinneringe te maak en mylpale daar gevier.”

Lanzerac-wynlandgoed (Foto: Rico Myburg)

Die feesvieringe het die oggend van haar verjaardag op 28 Augustus met ’n brunch afgeskop waar gaste kon smul aan wat Donnalee as haar gunstelingmaaltyd beskryf.

Die geleentheid was intiem, met Donnalee se naaste vriende en familie wat by haar vir die viering aangesluit het. Haar pa, wat in Amerika woon, het al die pad gereis om daar te wees, iets wat vir haar die wêreld beteken het.

“Alles was so spesiaal. My familie en drie beste vriendinne het ongelooflik mooi oor my lewe uitgespreek. Ivan het ook vir my die mooiste verjaarsdaggeskenk wat ek al ooit ontvang het, gegee.”

Haar man, Ivan Botha het die musikant Almero Welgemoed ingespan om vir Donnalee ‘n oorspronklike liedjie te skryf en op te neem. Hy het haar toe tydens haar verjaarsdagvieringe daarmee verras. Almero het ook vir die treffende klankbaan van die TV-reeks Een keer om die son gesorg.

Lees ook: Ontmoet Almero, die man agter ‘Een keer om die son’ se treffende klankbaan

Oor die geskenk wat Donnalee “lekker laat huil het,” vertel Ivan hy wou graag vir sy vrou iets gee wat haar as mens vasvang en virewig sal hou.

“Om die lied te skryf, het ek vir Almero ‘n paar woorde gegee wat ek, sowel as Donnalee se familie en vriende, met haar assosieer. Sy verteenwoordig nog altyd vir my ’n ‘flash of light’ en is werklik ‘n lig in ons almal se lewens en in die wêreld.”

En om die “reënerige en geseënde” dag nog spesialer te maak, het sy en Ivan besluit om tydens die verjaarsdag-brunch ’n inseëning (blessing ceremony) vir hul jongste seun, Luca, te hou.

“Die oumas en oupas was drie en ’n half jaar gelede almal saam, en ek weet nie wanneer dit weer moontlik sal wees nie. Ek glo onwrikbaar in die krag van woorde en wou graag gehad het dat my en Ivan se ouers seën oor my seun se lewe moet uitspreek. Dit was ongelooflik spesiaal.”

Die seremonie is gelei deur een van haar beste vriendinne en ’n predikant, Jana van den Munckhof, wat destyds ook Donnalee en Ivan getrou het.

Die vieringe het nie daar opgehou nie, want Lanzerac het Donderdagoggend ook vir ‘n ontbyt in die buitelug gesorg en Donnalee vertel, “om net rustig saam met my mense te kon wees, was ‘n groot hoogtepunt!”

Terwyl Donnalee hierdie nuwe dekade binnestap, beskou sy ouer word as ’n voorreg en sy waardeer veral die groei en wysheid wat daarmee gepaardgaan.

“Ek dink nie ek sal teruggaan na my twintigs nie, al betaal jy my! Elke dekade is ’n leer-ervaring, maar ek geniet die gemak wat met ouderdom kom – ek is gemaklik met myself en kyk met empatie en liefde na die wêreld, sy mense en die lewe self.”

Haar diep empatie vir ander is iets wat mettertyd sterker geword het.

“In my jonger dae is ek baie geboelie en verkleineer, en as ek nou terugkyk, is my hart seer vir daardie kinders wat my seergemaak het. Ek wonder nou, as ma, watter seer in hul lewe moes gebeur het vir hulle om te dink dis oukei om iemand anders minderwaardig te laat voel. Mense wat pyn in hul lewe het, maak ander mense seer. Gesonde, gelukkige en gebalanseerde mense sal net die goud in ander uitroep. Ek wil ten alle tye die vrou wees wat juis dit doen.”

Hierdie empatie is iets wat sy hoop om by haar kinders in te boesem. “Ek wil my kinders leer om altyd na mense te kyk en te sê: ‘Dit maak nie saak waar jy vandaan kom of wat jy het of nie het nie; ek sien jou, en ek sien jou hart.’”

En wat is van haar grootste lesse wat sy die afgelope dekade geleer het?

“Wanneer jy saans jou kop neerlê, moet jy verantwoordelikheid kan neem vir die respek waarmee jy ander behandel het en die integriteit wat die grondslag was van alles wat jy gedoen het. As jy die mens is wat jou lig op ander mense skyn, kan jy werklik die energie in ’n vertrek verander.”

Donnalee vertel dat sy ook geleer het om gawer met haarself te wees.

“Veral vroue het dikwels ’n lang lys van dinge wat ons in ’n dag of ’n week wil bereik, en dit is nie altyd moontlik nie. Dit lei tot geweldige druk en teleurstelling. Ek en Ivan glo daaraan om die klein oorwinnings te vier – al is dit net dat ons iets reggeskuif of uitgepak het. Ons cheers dan daarop met ons oggendkoffie.”

Met haar veertigerjare wat nou amptelik afgeskop het, sien Donnalee veral uit daarna om aan te hou fokus op die dinge wat werklik saak maak.

“Ivan sê altyd dat dinge in hierdie lewe net soveel krag het as wat jy kies om dit te gee. ’n Mens kan nie altyd jou omstandighede kies nie, maar jy kan kies wat jy daarmee gaan maak, wat jy daaruit gaan leer en hoe dit jou gaan raak. Die son skyn altyd weer, en as jy dit jou fokus maak, sal dit.”

Fotograaf: Shavaune Photography

Videograaf: Rico Myburg Photo & Film

Venue & kos: Lanzerac-wynlandgoed

Blomme: OKASIE

Donnalee se uitrustings: Asha Eleven

Cameron & Luca se uitrustings: H&M Kids

Lees ook: 10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

2 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Silwerskermfees-nuus: Verfilming van My F*k, Marelize-speelfilm begin September in Namibië

Die rolprent speel in Windhoek af en is geïnspireer deur die ware gebeure wat tot…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.