Lees ook: ‘n Pollard-pienkvoet is op pad!
Die Springbok-losskakel se vrou, Marise se stylvolle babatee het die naweek in die Brookdale-landgoed in die Paarl, Wes-Kaap plaasgevind.
Sy het Sondag op haar Instagram-blad ‘n paar foto’s van die viering gedeel en bevestig dat sy en haar man ‘n babaseuntjie in April vanjaar verwag.
Op die foto’s straal die toekomstige ma in ‘n blou-en-wit rok wat pragtig by die babatee se Delft-tema inskakel. Deel van haar onderskrif lui:
“A day filled with so much love for our BABY BOY 💙
We are immensely grateful for being able to celebrate our main squeeze 🍋 with some of our favourite people.”
Die egpaar is al meer as ‘n dekade saam. Handré het aan SuperSport gesê dat hy Marise in sy matriekjaar (2012) ontmoet het. Hulle het kort daarna begin uitgaan en die knoop in 2017 deurgehaak.
Die Pollards is nie die enigste Springbok-egpaar wat vanjaar ‘n baba verwag nie. Eben en Anlia Etzebeth het die aand van die Springbok se oorwinning by die Wêreldbeker-rugbytoernooi se finaal hul wonderlike babanuus gedeel.
Lees ook: Die Etzebeths deel babanuus ná historiese Rugby Wêreldbeker-oorwinning
Lees ook: Ontmoet die Springbokke se ‘bokkies’