kategorieë: Ons menseBekendes

KYK: Springbok Damian de Allende en Domenica Vigliotti se Kaapse wynlande troue

Die paartjie, wat sedert 2019 saam is, het in Desember verlede jaar verloof geraak toe Damian Domenica – wat toe swanger was met hul tweede kind, Alessia– met ’n romantiese stranduitstappie verras het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nadat hulle na ‘n suksesvolle Wêreldbeker-oorwinning in Parys in Oktober vanjaar na Kaapstad teruggekeer het, het Damian en sy Italiaanse lewensmaat van vier jaar begin gereed maak vir hul troue, wat Saterdag, 18 November by die Belair Pavilion in die Kaapse Wynlande plaasgevind het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die troufotograaf Sarah van Mint Tea Photography het Saterdag foto’s van die pasgetroudes se spesiale dag gedeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Een van die foto’s wys hoe Domenica in ‘n Blanco Bridal Couture-rok straal, terwyl sy ‘n soen op die lippe van haar aantreklike bruidegom, Damian, plant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In sommige van die Instagram-kiekies wat Domenica de Allende ná haar groot dag gedeel het, sien ons ‘n paar bekende Springbokgesigte.

Saskia Snyman, vrou van die Springbok RG Snyman, het ‘n groepfoto gedeel van die Springbokke se vroue tydens die De Allende-troue. In die foto sien ons die stralende bruid saam met Layla Kolbe, Anlia Etzebeth, Ingrid Malherbe en Hope Mortimor, asook Michele Burger, Annelee Murray, sowel as krieketspeler Jacques Kallis se vrou, Charlene.

Lees ook: Ontmoet die Springbokke se ‘bokkies’

In een van haar plasings skryf Domenica: “Dankie dat jy my altyd laat lag, selfs op die moeilike dae 🤍”

Lees ook: Swemkampioen Tatjana Schoenmaker en Joel Smith hak die knoop in Robertson deur

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.