As jy gereeld hoë hakke dra, verkort die Achilles-sening in jou hakskeen wat dit later ongemaklik en pynlik maak om kaalvoet te loop. Dit kan selfs tot tendonitis lei.
Doen hierdie twee eenvoudige oefeninge om die sening te rek.
- Staan met jou voete op ’n trappie met jou hakke wat agter afhang. Gaan stadig tot op jou tone en sak weer stadig af tot jou hakke onder die vlak van die trappie is. Jy behoort te voel hoe die sening in jou hak strek. Gaan nou weer stadig tot op jou tone. Doen drie stelle van tien.
- Staan sowat 30 cm weg van ’n muur met jou voete bymekaar en hande teen die muur gedruk vir ondersteuning. Tree met die een voet een voetlengte na agter. Buig jou knieë (terwyl jy jou hakke plat op die vloer hou en sorg dat jou sitvlak na vore getrek word) en sak ’n entjie na onder tot jy ’n strek in jou agterste enkel voel. Hou die strek vir 15 sekondes en ruil jou voete. Herhaal 10 keer.
Belangrik
Moenie bons in ’n strek nie en moenie oorstrek nie. Strek net tot op die punt waar jy die strek goed voel.
Lees ook: Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet