Prins Charles hou daarvan om te skilder. Hy geniet veral waterverf en wanneer hy ’n tydjie kan afknyp, is dit die aktiwiteit wat hy verkies. Kyk net hier:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Volgens die Prins van Wallis se amptelike webblad, waar 130 van sy kunswerke gesien kan word, het hy in die 1970s en 1980s in kuns begin belangstel nadat hy geïnspireer is deur een van sy vroeër kunsonderwysers. Hy het daarna lesse begin neem om sy tegniek te verbeter en het gereeld met kunstenaars gesels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die prins skilder meestal landskappe, maar hou ook van abstrakte werke en stillewes. Kyk hier na sy reeks oor Skotse landskappe, of hierdie van Switserland.
Ongelukkig kan jy nie self ’n koninklike kunswerk besit nie. Sy amptelike webblad noem dat geen van sy kunswerke te koop is nie, maar daar is gereeld afdrukke wat wel gekoop kan word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Wanneer sy kunswerke uitgestal word, of afdrukke daarvan verkoop word, gaan al die inkomste daarvan na sy weldadigheidsorganisasie, Prince of Wales Charitable Foundation.
Prins Charles hou verder nie net van skilder nie, hy is ook ’n ondersteuner van die kunste. Hy maak glo ’n punt daarvan om kunstenaars saam met hom op sy reise te neem sodat hulle hul indrukke van die reis kan opneem. Hy het ook ’n kunsskool gestig waar mense kunstegnieke kan leer.
Die kroonprins is egter nie die enigste koninklike wat kunssinnig is nie. Die Britse monarge het glo al vir meer as 5 eeue kunstiges opgelewer. Daar is selfs in 2013 ’n dokumentêre film, Royal Paintbox, gemaak waar hierdie kunstige streep in die bloubloedlyn ondersoek word.
Kyk hier na die lokprent van Royal Paintbox.
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Hierdie webwerf gebruik koekies.