Volgens Hugo Theart, kreatiewe hoof van Kunste Onbeperk, het skrywers tot Maandag, 12 September 2016 om voorstelle elektronies in te dien. Voorstelle word dan tot ’n leesteaterprogram verwerk, wat op 31 Oktober en 1 November by die Baxter Teatersentrum in Kaapstad aangebied word.
Tekste, in alle Suid-Afrikaanse tale, wat nog nooit voorheen professioneel opgevoer is nie, kan ingeskryf word, solank die skrywer inwillig dat die teks in Afrikaans vertaal mag word.
Voorstelle moet teen Maandag, 12 September 2016 elektronies aan Linda Marques, programbestuurder van Kunste Onbeperk, by [email protected] gestuur word.
Alhoewel volledige tekste verwelkom word, word opvoerbare uittreksels van ten minste 10 minute ook oorweeg. Meer inligting en riglyne is beskikbaar by www.kunste.org.za/teksmark/. Navrae kan gerig word aan Marques of Faasen by [email protected].